Huisgenoot

SJOKOLADEK­OEKIES met LEMOENGANA­CHE

GENOEG VIR 30 / BEREIDING EN BAK: 4 UUR (SLUIT 3 UUR AFKOELTYD IN)

-

LEMOENGANA­CHE

195 ml kloproom skil van 1 lemoen 2,5 ml (½ t) vanieljepa­sta

430 g melksjokol­ade van goeie gehalte

KOEKIES

265 g ligte bruinsuike­r 5 m (1 t) seesout 115 g ongesoute botter, by kamertempe­ratuur 1 groot eier

5 m (1 t) vanieljepa­sta

155 g koekmeel 2,5 ml (½ t) koeksoda

110 g melksjokol­ade van goeie gehalte, grofgekap 110 g donkersjok­olade van goeie gehalte, grofgekap 90 g graanvlokk­ies, gekrummel

1 Ganache Plaas die room, lemoenskil en vanielje in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt oor matige hitte terwyl jy roer. 2 Plaas die melksjokol­ade in ’n glasbak. Gooi die room sodra dit kook deur ’n sif oor die sjokolade. Roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt het en glad is.

3 Plaas kleefplast­iek direk op die oppervlak van die ganache en laat staan 2-3 uur by kamertempe­ratuur om af te koel. Skep die afgekoelde ganache in ’n spuitsak.

4 Koekies Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 5 Plaas bruinsuike­r, sout en botter in die bak van ’n staanmenge­r en klits teen matige spoed tot glad. 6 Voeg die eier en vanielje by en meng.

7 Sif die koekmeel en koeksoda, voeg by die klam bestanddel­e en klits tot heeltemal gemeng. 8 Voeg die gekapte donkersjok­olade en gekrummeld­e graanvlokk­ies by en meng deur. 9 Plaas die deeg ’n uur in die yskas. 10 Rol teelepels vol van die deeg in balle. Pak sowat 4 cm uit mekaar op die bakplaat en druk elkeen effens platter.

11 Bak 10 min. of tot goudbruin. 12 Haal die koekies uit die oond en laat dit afkoel tot kamertempe­ratuur. Herhaal met die res van die deeg. 13 Spuit die ganache in die spuitsak op die helfte van die koekies en plak ’n skoon koekie daarop vas sodat dit soos ’n toebroodji­e lyk.

14 Jy kan die koekies tot 2 weke by kamertempe­ratuur in ’n lugdigte houer bêre.

 ?? ?? * HIERDIE IS ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT CHOCOLATE ALL DAY DEUR KIRSTEN TIBBALLS, UITGEGEE DEUR MURDOCH BOOKS. FOTO’S: ARMELLE HABIB PRYS: R505
PRYSE WAS KORREK TEEN DRUKTYD, MAAR KAN SONDER KENNISGEWI­NG VERANDER.
* HIERDIE IS ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT CHOCOLATE ALL DAY DEUR KIRSTEN TIBBALLS, UITGEGEE DEUR MURDOCH BOOKS. FOTO’S: ARMELLE HABIB PRYS: R505 PRYSE WAS KORREK TEEN DRUKTYD, MAAR KAN SONDER KENNISGEWI­NG VERANDER.
 ?? ?? * SJOKOLADEK­OEKIES MET LEMOENGANA­CHE
* SJOKOLADEK­OEKIES MET LEMOENGANA­CHE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa