Huisgenoot

DIE OUERS SE PAADJIES SKEI – STEL DIE KINDERS EERSTE

Die belangriks­te ding wanneer ouers skei, is om saam ’n ouerskapsp­lan op te stel wat die kinders se welsyn prioritise­er en hulle veilig laat voel

- Deur SIPHOKAZI ZAMA

ENIGEEN wat al deur ’n egskeiding is, weet dit kom met baie uitdagings. Die hartseer van ’n huwelik wat misluk het, die ingewikkel­de regsproses, die veranderin­g in jou geldsake en, as jy kinders het, ’n potensieel morsige geveg oor toesigregt­e en hoe julle jul ouerskapsp­ligte gaan verdeel.

Dis onvermydel­ik dat ouers en kinders emosioneel deur ’n egskeiding ontwrig gaan word; dus is dit belangrik om jou kinders se welsyn te prioritise­er.

Een van die beste dinge wat jy vir jou kinders kan doen is om ’n plan te maak vir hoe jy en jou mede-ouer ( jou eks) saam kan werk om hulle groot te maak.

“As ouers goed saamwerk, skep hulle ’n ondersteun­ende omgewing waarin die kind geliefd en versorg voel,” sê Nozipho Mbatha, ’n ouerskapsa­frigter. “Dit gee ’n gevoel van sekuriteit en stabilitei­t, wat noodsaakli­k is vir ’n kind se ontwikkeli­ng, asook hul selfbeeld en selfvertro­ue.”

As ouers dié samewerkin­g ná hul egskeiding op ’n vals noot begin het, is daar nog tyd om dinge reg te stel, sê Jonathan Zeev Hoffenberg, ’n maatskapli­ke werker.

’n Egskeiding is ’n emosioneel uitdagende tyd, en dis nie ongewoon om hartseer, woede, verlies en angstighei­d te voel nie. Al dié gevoelens kan ’n uitwerking hê op jou gedrag en die besluite wat jy in dié tyd neem.

Maar dis nooit te laat om die manier hoe jy optree te verander nie, sê Jonathan. “Ouers wat ’n besluit neem om beter saam te werk, aan hul kinders kommunikee­r dat hulle beter wil doen en ’n goeie verhouding tussen hul kinders en eks aanmoedig, kan vorige tye van konflik regstel.”

Elke gesin se omstandigh­ede is uniek en sal bepaal watter besluite hulle neem, maar hier is ’n paar algemene riglyne.

‘AS OUERS GOED SAAMWERK, SKEP HULLE ’N ONDERSTEUN­ENDE OMGEWING WAARIN DIE KIND GELIEFD EN VERSORG VOEL’

1 STEL SAAM MET JOU EKS ’N GEDETAILLE­ERDE PLAN OP OOR HOE JULLE DIE KINDERS GAAN VERSORG

So ’n plan met duidelike reëlings s oor jul kinders se versorging is nie net ’n n wettige vereiste nie – dit maak dinge ook k vir albei ouers makliker.

Dit help jou en jou eks “om jul verwag- tinge te bestuur en potensiële konflik tus- sen julle tot ’n minimum te beperk”, sê ê prof. Madelene de Jong, ’n voltydse e bemiddelaa­r, ouerskapsk­oördineerd­er en n egskeiding­slikwidate­ur.

“Dit verminder toekomstig­e konflik k omdat geskilpunt­e bespreek word en ’n n manier om dit op te los in die ouerskaps- plan ingesluit is.”

Die plan moet ook ’n rooster bevat vir r kontak en besoeke (in ooreenstem­ming g met die toesigoore­enkoms), wat met t vakansies en spesiale geleenthed­e gebeur, r, elke ouer se finansiële verantwoor­delikkheid, hoe om stygende koste te bestuur, r, asook riglyne vir wat julle gaan doen as s daar ’n geskil tussen julle is of groot t besluite geneem moet word.

Hoe meer gedetaille­erd jul plan is, hoe e beter. “Dit kan jou tyd en geld spaar wat t jy aan ’n regsproses sou bestee as daar r onenigheid is oor hoe die kinders groot- gemaak moet word,” sê Madelene.

Die ouerskapsp­lan kan selfs aandui hoe e jy en jou eks met mekaar gaan kommu- nikeer, en hoe kommunikas­ie tussen die e kind en die ouer wat nie die hoofversor- ger is nie moet verloop.

Daar kan byvoorbeel­d bepaal word dat t die ander ouer die kind elke Woensdag- aand sal bel om te hoor hoe dit by die e skool gaan.

Dit alles sal die kind ook help omdat t daar ’n konsekwent­e en voorspelba­re roe- tine sal wees, sê Nozipho.

2 PRAAT MET JOU KINDERS OOR WAT GAAN GEBEUR

Wanneer julle klaar op ’n ouerskapsp­lan ooreengeko­m het, moet julle saam met jul kinders gaan sit en aan hulle al die praktiese dinge verduideli­k wat hulle moet weet.

Dit sal die kinders help om by hul nuwe werklikhei­d aan te pas as hulle weet wat om te verwag, verduideli­k dr. Lynette Roux, ’n sielkundig­e van Benoni. Verduideli­k dinge soos wanneer hulle by watter ouer sal wees, en wat met vakansies en verjaardae gaan gebeur.

Hoe jy dié gesprek aanpak, hang af van jou kinders se ouderdom en volwassenh­eid.

3

MOEDIG MOEDIG’NGOEIE ’N GOEIE VERHOUDING MET DIE ANDER OUER AAN

Moedig jou kind aan om kontak te behou met hul ander ouer, veral as jy die hoofversor­ger is.

Hou ook enige negatiewe gevoelens w wat jy oor die ander ouer het vir jouself s sodat dit nie jou kind beïnvloed nie.

“Moenie voor die kinders sleg praat van d die ander ouer of hul keuses kritiseer nie. M Moet ook nie jou kinders vra wie hulle die l liefste het van julle twee of wie die beter o ouer is nie,” sê Jonathan.

Een van die uitdagings waarvoor ouers t te staan kom as hulle pas geskei is, is dat h hulle sukkel om hul woede teenoor m mekaar te bedwing, sê Claudine Ribeiro, d direkteur van die Johannesbu­rg Parent a and Child Counsellin­g Centre.

Soms kom die woede op subtiele m maniere na vore, soos wanneer een ouer v vir ’n kind ’n selfoon koop omdat hulle w weet die ander ouer sal dit nooit goedk keur nie.

4 WEES BUIGSAAM

Terwyl julle ’n helder plan moet hê oor hoe julle gaan saamwerk, moet julle ook soms buigsaam wees. Daar sal tye wees dat een ouer nie die d kind kan gaan oplaai nie of vakansiepl­anne p moet verander. Dit sal jou eie gemoedsrus g help as jy bereid is om in sulke s gevalle uit te help – solank dit net nie n ’n patroon word nie.

Die plan sal moontlik ook aangepas moet m word namate die kinders groter raak r en hul behoeftes en omstandigh­ede verander, v soos wanneer hulle hoërskool toe t gaan, ’n nuwe sportsoort begin beoefen o of meer onafhankli­k raak.

Jy moet ook besef nadat julle geskei het, s sal jou eks soms ouerskapsb­esluite maak w waarmee jy nie saamstem nie.

Herinner jouself daaraan dat daar ’n v verskil is tussen jou voorkeure en jou kind s se behoeftes. Jy verkies dalk dat jou kind n nie elke dag lekkers eet nie, maar dalk is d dit nie so belangrik dat jy en jou eks daaro oor oorlog maak nie.

Jou kind se behoeftes, wat dinge soos gesondheid en veiligheid insluit, is egter iets anders.

As jou eks op dié gebied besluite neem waarmee jy nie saamstem nie, is dit beslis tyd vir ’n ernstige gesprek tussen julle twee. Dit gaan immers oor jul kind.

 ?? ?? Wanneer ouers skei, moet hulle saam ’n omvattende plan opstel oor hoe hulle die kinders gaan versorg.
Wanneer ouers skei, moet hulle saam ’n omvattende plan opstel oor hoe hulle die kinders gaan versorg.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa