Huisgenoot

MY DOGTER VERHOED MY AFTREDE

-

Ek is raadop met my dogter. Sy is meer as drie jaar getroud en sy en haar man het albei ’n werk.

Die eerste vyf dae van die maand is nog nie eens verby nie, dan kom die oproep dat hulle geen geld of kos in die huis het nie.

Ons het reeds ’n ernstige gesprek hieroor gehad, maar niks verander nie.

My dogter het al verskeie kere van werk verander, want sy hou vol elke nuwe werk betaal meer as die vorige werk. Die probleem is met elke ver hoging trek hulle na ’n duurder (sy sê beter) plek. Niks verander dus aan hul finansiële situasie nie.

Sy koop duur klere om werk toe te dra en hul woonplek is met net die beste gemeubilee­r. Hulle woon in die stad en het sedert hul troue nog glad nie vir my kom kuier nie. Die troue was op sigself ’n duur affêre wat deur my oorlede man ge - finansier is.

Ek werk so versigtig as wat ek kan met my geld en moes al afgetree het, maar ek kan nie, want klokslag maandeliks kom die oproep. Ek sal haar nie kan help wanneer ek ’n pensioenar­is is nie.

Wat kan ek doen om hierdie las te beëindig?

Hierdie probleem is baie algememeen vandag: huishoudin­gs wat eenvoudig nie hul begrotings geklop kan kry nie.

Lewenskost­e het ongewoon skerp gestyg en slaan hard.

Maar ek is bevrees jou dogter se geval is ’n selfgemaak­te situasie. Sy doen wat sy van jongs af geleer is om te doen: “Vra net vir Ma; alles sal oukei wees.”

Solank jy aan haar versoeke voldoen, sal sy geen verantwoor­delikheid aanvaar vir haar finansiële sake nie.

Daar is twee goue reëls met geld wat mense volg om uit die moeilikhei­d te bly:

■ As jy nie vlerke het nie, kan jy nie vlieg nie.

■ Jy moenie meer geld uitgee as wat inkom nie.

Die eerste beteken jy kan nie ’n luukse lewe lei as jy nie die finansiële vermoë het nie. Jou dogter en haar man woon en leef luuks met geld wat hulle nie het nie.

Die tweede beteken sodra jy krediet begin gebruik om jou lewenskost­e te dek, gaan jy kort voor lank in ’n baie diep gat van skuld beland.

Dis van kardinale belang dat iemand moet ingryp. Hulle moet die gevolge van hul keuses begin verstaan. Hier is wat ek voorstel: ■ Voer ’n baie ernstige gesprek tussen haar, haar man en jouself. Hulle moet besef wat hulle besig is om aan jou eie lewensgeha­lte te doen. Dit is absoluut toksies dat jy nie op pensioen kan gaan nie omdat ’n ander party luuks leef. Dit stop nou!

■ Die hulp van ’n finansiële raadgewer moet ingeroep word. Hulle moet leer hoe om hul finansies te bestuur terwyl hulle jonk is. Hulle is eintlik reeds in die moeilikhei­d.

Hulle gaan aan die begin kwaad wees. Hou uit en geniet jou pensioen wat wag.

‘DIT IS ABSOLUUT TOKSIES DAT JY NIE OP PENSIOEN KAN GAAN NIE OMDAT ’N ANDER PARTY LUUKS LEEF’

– IRMA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa