Huisgenoot

WAT HET VAN SONDAGSTIL­TE GEWORD?

- VRA VIR IRMA

Ons woon reeds 30 jaar in dieselfde huis in ’ n baie netjiese woongebied met twee skole in die omgewing.

Tye het verander en ’ n mens weet nie eens meer wie jou bure is nie. Almal is agter hoë mure. Ons het so met die tyd vrede gemaak dat daar iewers ’n partytjie aan die gang sal wees op ’n Vrydagaand of straatresi­es op ’n Saterdagaa­nd. ’n Mens bly maar wakker tot so middernag, en op die ou end daal stilte op die omgewing neer.

Wat my egter ál meer grief, is hierdie nuwe tendens op Sondae. Gras word gesny, kraggereed­skap word aangeskake­l, en dis so hard, jou tande slyt op mekaar. Karenjins brul soos wat daaraan gewerk word. Boonop basuin radio’s musiek uit wat geen ritme of melodie het nie. Dis ’n doef-doef wat net hoofpyn bring.

Ons wil nie trek nie, want ons het ’n lekker leefhuis. Kompleksle­we is nie eens ’n opsie nie. Moet ’n mens maar vrede maak met die toedrag van sake?

Dit is inderdaad ’n groot hartseer om nie Sondagvred­e te kan ervaar nie. Jy is reg, tye het verander, gesinsgewo­ontes het verander, en Sondag het vir baie mense net ’n gewone dag geword.

Die Nasionale Geraasbehe­erregulasi­es is deur die regering ingestel om plaaslike munisipali­teite riglyne te gee oor wat mag en nie mag nie wat geraasvlak­ke betref. Dit val onder die Omgewingsb­ewaringswe­t (Wet 73 van 1989). Munisipale regulasies val onder artikels 4 en 5, en van die dinge wat dit dek, is: ■ Diere se onnodige lawaai; mense se jil en gil in die openbaar.

■ Konstruksi­emasjineri­e, kraggereed­skap en die oprigting van of werk aan konstruksi­e.

■ Aanhoudend­e toeters, alarms en megafone se klank.

■ Afbreek van geboue.

■ Gebruik van voertuie met buitengewo­on harde klanke.

■ Verkoopspe­rsone se geroep in die strate en aanhoudend­e lui van deurklokki­es.

■ Die speel van radio’s bo ’n sekere desibel.

Dit is maar net ’n paar van die items op die lys. Die wet bepaal dat dié soort geraas beperk moet word vanaf seweuur saans tot seweuur die volgende oggend. Mense het maar net so met die jare in die gewoonte verval om tienuur saans as afsnypunt vir lawaai in ’n buurt te aanvaar.

Jy het opsies. Eerstens kan jy ’n geskrewe klagte by jou munisipali­teit indien. Tweedens kan jy met die hulp van ’n prokureur ’n interdik verkry. Derdens kan jy die polisie bel, veral saans as daar ’n onuithoudb­are lawaai is.

Die beste opsie as jy harmonie in die buurt wil behou, is ’n gesprek met jou bure. Julle kan selfs ’n komitee stig wat ook sake soos sekuriteit en netheid op die agenda insluit. Moeilikhei­d met bure verloop nooit goed nie. Vermy dit so ver jy kan.

 ?? ?? Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlik­e kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekendmaak nie, en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur ’n e-pos na vravirirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.
Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlik­e kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekendmaak nie, en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur ’n e-pos na vravirirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa