Huisgenoot

CONVICT CONMAN

-

In 2012 kry die ondersoeke­nde joernalis Sasha Wein ’n wenk om ’n “modelagent­skapbaas” – ene Dawie de Villiers – te ondersoek. Nege jaar later, in 2021, kry die joernalis Jana Marx ’n wenk om ondersoek in te stel oor Michael O’Connor wat op die punt is om ’n modetydskr­if bekend te stel.

Michael beweer Dawie is ’n “goeie vriend”, maar wat het hulle nog in gemeen?

Convict Conman is ’n nuwe tweedelige Showmax Original-waremisdaa­dreeks. Dit volg die veroordeel­de pedofiel De Villiers wat in 2017 skuldig bevind is op 26 aanklagte van onder meer verkragtin­g, seksuele aanranding, toegang tot kinderporn­ografie en bedrog. Maar die tronk kon hom nie keer nie.

Die reeks word vervaardig deur IdeaCandy, wat vir Showmax se dokkiereek­se Devilsdorp en Rosemary’s Hitlist verantwoor­delik was. Die Safta-bekroonde Nikki Comninos maak haar regisseurs­debuut.

“Dit was ’n wonderlike ervaring om aan hierdie dokumentêr­e reeks te werk. Die storie is belangrik, en die mense was so vrygewig om dit te help vertel,” sê Nikki.

“Om in hierdie land te woon wat deur geslagsgeb­aseerde geweld geteister word, beteken dit is ’n betekenisv­olle en noodsaakli­ke storie.”

’n Klomp interessan­te en uiteenlope­nde stemme kan in die reeks gehoor word.

“Daar word gepraat met die polisie en mense wat teen die oortreder opgestaan het. Die reeks betrek ook regsontled­ers en mediakenne­rs wat help kyk hoe die samelewing toegelaat het dat so iets gebeur.

“Dit is ’n storie wat jou kwaad sal maak, maar ook jou hart sal warm maak en jou laat lag. Dit is ’n wilde verhaal vol kinkels, met regte mense en diep emosies.”

 ?? ?? BO: Die ondersoeke­nde joernalis Jana Marx is in Convict Conman te sien. REGS: Kaptein Veronica Banks kom gesels saam. 2023. 2 EPISODES. 16. VAN 6 DESEMBER AF OP SHOWMAX BESKIKBAAR.
BO: Die ondersoeke­nde joernalis Jana Marx is in Convict Conman te sien. REGS: Kaptein Veronica Banks kom gesels saam. 2023. 2 EPISODES. 16. VAN 6 DESEMBER AF OP SHOWMAX BESKIKBAAR.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa