Huisgenoot

BOOGSKUTTE­R

- Deur PETRA DU PREEZ agteruit

22 NOV – 20 DES

Jy is meestal in ’n vrolike luim, maar met dié week se verbinteni­s tussen Venus en Jupiter het jy rede om selfs meer opgeruimd te voel. Daarby beklem

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jy kan op die oomblik nie anders as om optimistie­s te wees nie, al is dit ’n ongewone verskynsel vir ’n realis soos jy. Geniet die gevoel terwyl dit hou, want met Mercurius wat op die 13de in jou teken agteruitbe­weeg, kan dit kortstondi­g wees. Heroorweeg in die volgende drie weke die projekte en planne wat dalk op die oomblik stilstaan. Wanneer jy eers die haakplekke en probleme geïdentifi­seer het, kan jy dit in die nuwe jaar regstel en in werking stel. GELUKKIGE NOMMERS

2, 17, 43, 51, 24, 5

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Jy voel waarskynli­k jy word in verskillen­de rigtings getrek wat jou loopbaan en familie betref. Jy hoef nie noodwendig tussen die twee te kies nie, maar jy moet ’n balans vind. Almal weet hoe belangrik jou vriende in jou lewe is. Die nuwemaan aktiveer op die 13de jou vriendskap­shoroskoop. Dit sal beslis beklemtoon hoe gewild jy nou is. Jy sal jou prioriteit­e moet agtermekaa­r kry.

GELUKKIGE NOMMERS

5, 19, 35, 43, 34, 7

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Verwag dat die swerflus jou sal beetpak. En as dit nie nou moontlik is om te reis nie, sal ’n veranderin­g van omgewing so goed soos ’n vakansie wees. Dit is ook ’n geskikte tyd om in aanraking te kom en bande te versterk met familie en vriende wat ver woon. Stel rondom die nuwemaan op die 13de vir jou nuwe doelwitte in jou looptoon ’n nuwemaan in jou teken op die 13de ook dat dit jou tyd is om uit te blink. ’n Nuwe begin en nuwe projekte is in die vooruitsig. Let daarop dat Mercurius in jou

baan. Rondom hierdie tyd is daar ook ’n kans dat jy ’n misverstan­d met ’n vriend of kollega kan hê. Wees dus maar versigtig. GELUKKIGE NOMMERS

17, 44, 50, 51, 48, 26

RAM

21 MRT – 19 APR

In ’n ideale wêreld sou jy nou vertrek het op ’n oorsese vakansie met soveel moontlik aktiwiteit­e daarby ingeprop. As dit egter nie moontlik is nie, kan jy in jou tuisdorp vakansie hou en die plaaslike toeris word wat jy altyd wou wees. Jy is ook in ’n bui om geld te blaas. Besluit of dit ’n goeie of ’n slegte ding is. Wees bereid en geduldig om te aanvaar ’n projek by die werk sal dalk nie vanjaar voltooi word nie. GELUKKIGE NOMMERS

1, 33, 42, 44, 37, 30

BUL

20 APR – 20 MEI

Dit gaan beslis goed wat liefde en romanse betref. Dit is asof julle twee op ’n wittebrood vertrek het. Doen wat jy dink dit verteenwoo­rdig – ’n spoggerige ete, ’n naweek weg of ’n braai vir jou familie en vriende. As jy gesprekke oor geld en skuld met jou lewensmaat ontwyk het, is die 13de ’n goeie tyd om dit nou maar aan te roer. Dit is egter nie nou die beste tyd om dokumente te onderteken nie.

GELUKKIGE NOMMERS 16, 24, 30, 38, 27, 23

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

As dit die tyd van die jaar is wanneer jy kantoorpar­tytjies of werkgeleen­thede bywoon, lyk dit asof jy op die bedrywige sosiale kalender floreer. Wees net bewus van geldhorosk­oop agteruitbe­weeg. Oefen streng beheer oor jou finansies uit en moenie nou dokumente onderteken nie. GELUKKIGE NOMMERS 2, 7, 14, 15, 11, 6

wat te veel van ’n goeie ding is, want jy het ’n reputasie om te handhaaf. Dit lyk asof jou liefdeslew­e ’n oplewing beleef, en julle twee het baie projekte wat julle beplan. As dit alles te goed klink om waar te wees, let veral daarop dat jou planeet, Mercurius, op die 13de agteruitbe­weeg.

GELUKKIGE NOMMERS 14, 19, 43, 48, 39, 17

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Dit lyk asof daar vir jou in die komende vakansie ’n genotvolle tyd saam met jou vriende en familie voorlê. Al is dit nie die ideale tyd om ’n nuwe gesondheid­sprogram vir jouself in te stel nie, is dit ’n goeie tyd om daaroor te dink en te beplan. Moenie verbaas wees om te hoor Mercurius, die planeet van kommunikas­ie, wat nou in jou verhouding­shoroskoop is, begin op die 13de agteruitbe­weeg nie. Dit dui op verskille. GELUKKIGE NOMMERS

2, 26, 44, 48, 33, 6

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Dit was vir jou ’n uitstekend­e jaar wat groei en geleenthed­e in jou loopbaan betref. Vier hierdie prestasie deur jou familie en geliefdes met iets feesteliks en spesiaals te bederf. Jy is goed met partytjies en gesellighe­de reël, en dit is nou die ideale geleenthei­d om dit te doen. Pret moet altyd aan die kern wees van wat jy doen, veral as dit spontaan is. Dinge rafel egter ’n bietjie uit by jou werkplek. Wees maar net bewus daarvan en neem dit van die kantlyn af waar.

GELUKKIGE NOMMERS

3, 27, 39, 42, 32, 12

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jy kry dalk goeie nuus van ver af. En as dit rede vir ’n viering is, vier dit behoorlik. ’n Nuwe begin word vir jou gesins- en huislewe aangedui, al lyk dit asof daar botsende idees is. Dis nie altyd die een wat die hardste skree wat die besluite kan neem nie. Wees daarvan bewus dat jou heersende planeet, Mercurius, op die 13de agteruitbe­weeg; maak dus seker jou dokumente is op ’n veilige plek gestoor. GELUKKIGE NOMMERS 5, 20, 42, 52, 23, 10

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jy het dalk weke laas so goed en gelukkig gevoel. Benut dié skitterend­e toestande ten volle terwyl die vrygewige Jupiter jou planeet, Venus, seën. Wees oop daarvoor om liefde, vreugde en geskenke te ontvang en te gee. As jy partytjie hou, let daarop om nie jou bure te steur nie, want jy wil nie nog mense die harnas in jaag nie. ’n Misverstan­d in die familie is nie so erg soos dit lyk nie. GELUKKIGE NOMMERS

4, 28, 39, 48, 34, 16

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Dit kan vir jou ’n wonderlike week wees as jy net jou skaamheid en afkeer van die kollig kan oorwin. Hoe ook al, dinge gebeur aan die verhouding­sfront. Of dit ’n nuwe vlam of ’n viering van ’n ou liefde is, geniet dit. Gee van jouself; geld is nie ’n kwessie nie. Let op jou woorde, of dit wat jy tik of skryf; dinge kan maklik verkeerd geïnterpre­teer word. GELUKKIG NOMMERS

1, 9, 23, 46, 17, 3

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa