Huisgenoot

Die herdenking van Shakespear­e se Eerste Folio

-

MEER as 400 jaar nadat sy loopbaan begin het, is die invloed van William Shakespear­e se werk nog net so sterk. Maar eintlik kan ons sê dis baie sterker omdat dit vandag wêreldwyd bekend is.

Shakespear­e het van 1564 tot 1616 gelewe.

Sy toneelstuk­ke word vandag steeds opgevoer. Baie van hulle is ook al verwerk in flieks en televisier­eekse – selfs in animasie.

The Lion King is gegrond op Hamlet, terwyl Gnomeo & Juliet die klassieke verhaal van Romeo en Juliet vat en dit in ’n gemeenskap van tuindwergi­es laat afspeel.

In November vanjaar herdenk ons die publikasie van Mr. William Shakespear­es Comedies, Histories, & Tragedies 400 jaar gelede.

Dit is onder moderne Shakespear­e-navorsers as die Eerste Folio bekend en is in 1623 gepublisee­r, sewe jaar ná Shakespear­e se dood in die dorpie Stratford-uponAvon.

Hoekom is die Eerste Folio so belangrik?

Daar’s ’n wenk in die naam. Die dokument bevat 36 van die dramaturg en digter se toneelstuk­ke en vir die meeste van hulle – 18 om presies te wees – was dit hul eerste verskyning in teksvorm.

Dit sluit werke soos Macbeth, The Taming of the Shrew, Julius Caesar en The Tempest in. Dis die naaste wat ons kan kom aan sy toneelstuk­ke soos wat hy hulle oorspronkl­ik geskryf het. Sy eie handgeskre­we weergawes is al eeue lank verlore.

Daar word gereken 750 kopieë van die Eerste Folio is gedruk. Dis hoeveel eksemplare gewoonlik in daardie dae van enigiets gedruk is vanweë die masjiene wat hulle gebruik het.

Daar is vandag 235 kopieë oor. As deel van die 400-jaar-vieringe het ’n Britse rolprentma­ker, Jack Jewers, ’n portret van Shakespear­e saam met ’n opname van ’n monoloog uit A Midsummer Night’s Dream met ’n weerballon ruimte toe gestuur. Die vlug is op film vasgelê vir die kortfliek Lovers and Madmen.

“Ek het hierdie beeld in my kop gehad: ’n portret van Shakespear­e – die universele dramaturg, wie se werk ek glo tot almal spreek – met die ruimte en die boog van die horison op die agtergrond.

“Wat is ’n meer gepaste manier om die universali­teit (sien Woord

van die Week) van ons menslike ervaring te vier, en hoe dit 400 jaar lank vasgevang is deur hierdie wonderlike skrywer se woorde?” sê Jack.

 ?? ?? Dis vanjaar 400 jaar sedert die publikasie van Shakespear­e se Eerste Folio.
Dis vanjaar 400 jaar sedert die publikasie van Shakespear­e se Eerste Folio.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa