Huisgenoot

NOU OP SHOWMAX

-

Dis amper Desemberva­kansie en tyd om dinge stadiger te vat en die rit te geniet. As jy nie weet hoe om dít te doen nie, sal Showmax se nuutste karaktertj­ie jou gou touwys maak.

Die nuwe reeks volg Twende, ’n ietermagog, die stadigste bewegende dier op die grasvlakte, sê Showmax. “Twende is oortuig die lewe gaan oor die reis – nie die bestemming nie. Maar dié siening is heeltyd in stryd met sy werk in die bedrywige stad Milima,” sê Greig Cameron, wat die reeks geskryf het.

Twende se beste vriend en navigator, Nuru, is ’n slim voël wat altyd probeer om haar bestie veilig te hou – al dryf sy superchill vibe haar soms teen die mure uit. Dan is daar ook Boss, die ou hiëna-enkelpa met meer monde om te voed as wat hy op twee pote kan tel. Hy is Twende en Nuru se baas by die werk.

’N BELANGRIKE BOODSKAP

Hoewel niemand reguit oor stropery praat in die reeks nie, is dit belangrik om te weet ietermagog­s is die diere wat die meeste gesmokkel word in die wêreld. Hulle is hoog op die lys van bedreigde spesies.

“Dis só jammer dat dit met hierdie wonderlike en unieke dier gebeur,” sê Kwame Nyong’o, die vervaardig­er van die reeks. “Twende is ’n supereenvo­udige storietjie, maar ons hoop ons kykers sal so tussen al die humor deur net so verlief raak op ietermagog­s as wat ons het. Ons hoop almal sal hulle deel doen om hulle te beskerm.”

EN DAAI NAAM?

Twende se skeppers, Charlie en Regan Maas, het met die konsep vorendag gekom terwyl hulle deur OosAfrika getoer het. “My ouer broer is altyd laat, so ons het gedurig vir hom geskree: ‘Kom ons gaan. Kom ons gaan. Kom ons gaan.’ En die gids het begin sê: ‘Twende! Twende!’ ” sê Charlie. “Sy bynaam vir die reis het Twende geword.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa