Huisgenoot

SOOS 'N PAAL BO WATER BO WATER

Paaldans was haar lewe, en toe breek sy haar nek. Sy sou dalk nooit weer loop nie, maar Kaitlin Rawson het teruggeveg

- Deur LESEGO SEOKWANG Foto’s: LUBABALO LESOLLE

DIT slaan jou asem weg wanneer sy haar moeiteloos aan ’n paal optrek en haar lyf grasieus daarom vou. Nie net oor die indrukwekk­ende spierkrag en vernuf nie – ook omdat Kaitlin Rawson vandag netsowel in ’n rolstoel kon gewees het. Toe dié paaldanser sewe jaar gelede vir haar eerste kompetisie geoefen het, het die byna ondenkbare gebeur: Sy het geval en haar nek gebreek.

“Ek was besig met my weeklikse les, en ons het ’n nuwe beweging probeer wat ’n brass bridge genoem word – jy is basies onderstebo en hou met die agterkant van een been aan die paal vas, met jou hande bo jou kop,” onthou Kaitlin (26).

“Ek het die posisie vir ’n lang ruk gehou omdat ek wou hê my suster moes ’n foto daarvan neem, maar my been het gegly en ek het my greep op die paal verloor. Ek het op my nek geval terwyl my rug steeds in ’n gebuigde posisie was.”

Haar beserings was so erg dat dokters ters haar familie gewaarsku het dat sy dalk alk nie sou oorleef nie. Maar Kaitlin is ’n vegter.

Sy het intussen nie net weer leer loop op nie, maar sy het ook weer begin paalaldans doen. En haar onlangse prestasies es getuig van haar dryfkrag en vasberaade­nheid.

Kaitlin het ’n goue medalje gewen in die para- afdeling van die wêrelddkam­pioenskap vir paaldans wat verrlede maand in Pole gehou is. Sy het ook k onlangs as afrigter by die interrnasi­onale vereniging vir paaldans ns gekwalifis­eer en help deesdae om m opkomende paaldans-atlete af te rig.

Haar eerste groep studente het t onlangs in die hoepelafde­ling aan ’n nasionale kompetisie in Johannesbu­rg deelgeneem, waar jy toertjies doen met behulp van ’n metaalring wat uit die plafon hang.

Kaitlin was opgewonde toe een van haar leerlinge vir die lughoepelw­êreldkampi­oenskap gekwalifis­eer het.

Hierdie sport is Kaitlin se lewe, en sy vind dit gee betekenis en rigting aan haar dag. Daar het soveel sedert haar ongeluk gebeur – en tog spook dit by haar: die oomblik toe alles so skeefgeloo­p het.

DIE angs het haar oorval toe sy daardie dag in ’n hopie op die grond lê en besef sy het geen gevoel van haar nek af ondertoe nie. Een van haar klasmaats, ’n vrou wat ’n paramediku­s is, het haar dadelik te hulp gesnel en gestabilis­eer tot die ambulans opgedaag het.

“Ek het seker so ’n halfuur daar gelê, maar dit het soos ’n baie lang tyd gevoel,” vertel Kaitlin. “Ek Ek het in geen stadium stadiumium my

bewussyn verloor nie. Ek was ten volle by en kon alles hoor en sien.”

Sy is na die Netcare Olivedale-hospitaal in Randburg geneem waar sy behandel is voor sy na die Milpark-hospitaal vervoer is vir ’n operasie aan haar gebreekte nek. Daar het die chirurge stukkies gebreekte werwel in haar nek verwyder en dit met metaal vervang om haar werwelkolo­m te versterk en haar die kans te gee om weer beweeglikh­eid te kry.

“Ek het later gehoor die dokters het my familie voor die operasie eenkant toe geneem en gesê daar is ’n kans dat ek dit nie sal oorleef nie. Aangesien my ruggraat so hoog op beseer was, kon die narkose my diafragma beïnvloed, wat beteken dat ek nie sou kon asemhaal nie.”

Die operasie was ’n sukses. Maar Kaitlin en haar gesin is gewaarsku om hulle voor te berei vir die moontlikhe­id dat sy permanent verlam kan wees.

Ten spyte van die ongunstige prognose het Kaitlin skaars ’n dag later haar vingers en tone gewikkel.

Sy het boonop voortgegaa­n om haar mediese span te verras met haar vordering.

Haar ouers, Debbie (49) en Frank k (56), en suster, Jade (24), het na haar ar omgesien toe sy terugkeer huis toe en n haar gehelp om te bad, en vir haar ar gekook.

Kaitlin is meegedeel rehabilita­sie e kan tot ’n jaar duur, maar minder as drie maande later was sy weer op die ie been.

Haar besering het beteken sy moes es haar graad in ekonomie en internasio­onale studies aan die Monash-univerrsit­eit onderbreek.

Maar toe dit begin duidelik raak haar ar rehabilita­sie verloop goed, het sy die ie kursus in ’n somerskool ingehaal en n sy kon die volgende jaar haar graad ad hervat.

Deur alles het Kaitlin een doel voor or oë gehad: om weer te begin paaldans.

“Ek is net so lief vir die sport dat ek nie my lewe daarsonder kan indink nie,” sê Kaitlin toe ons haar by The Pole Playground ontmoet, die ateljee in Blairgowri­e, Johannesbu­rg, waar sy oefen. In die ateljee is vyf vloer-tot-plafon-pale gemonteer, met pers en grys gimnasiumm­atte op die houtvloer.

“Ek het aan die einde van November 2016 my rehabilita­sie voltooi, en ek was in Januarie 2017 terug by die paaldanskl­asse. Ek het reg van voor af begin, terug na die beginnersk­las.”

’n Jaar later was sy gereed om aan kompetisie­s te begin deelneem.

“Ek het nes almal in die artistieke afdeling ingeskryf. Ek het nie regtig omgegee waar ek geplaas word nie, want ek het geweet daar is dinge wat ek nie so goed sal kan doen soos voorheen nie.”

HAAR herstel was merkwaardi­g, maar tog is Kaitlin nie heeltemal ongedeerd gelaat nie. Haar besering het haar spiere aangetas en sy het beperkings. Dit maak dit moeilik om in die gewone paaldansaf­delings mee te ding.

“My spiere neem ’n bietjie langer om op te warm en te werk. My regterkant is meer aangetas as my linkerkant,” sê sy. “Om met my spiere te multitask is ’n uitdaging – dis byvoorbeel­d moeilik om my regtervoet se tone te punt wanneer my beenspiere ook met iets anders besig is.

“Dan is my reflekse in my regterhand vertraag. In paaldans as sport is daar ’n paar bewegings wat jy vir bonuspunte kan doen, soos waar jy jou hande blitsvinni­g moet los en dan weer die paal vasgryp. Dis ’n bietjie moeilik vir my. Die stabilitei­t van my kernspiere is ook nie so sterk soos voorheen nie.”

In 2019 het Kaitlin te hore gekom van die para-paaldans-afdeling, en sy het uitgevind dat sy in aanmerking kom daarvoor weens die spierswakh­eid wat haar besering veroorsaak het.

“Ek het vir die nasionale kompetisie ingeskryf en nie regtig geweet wat om te verwag nie, want dit was my eerste keer daar,” vertel sy.

“Maar ek het op die ou end ’n baie hoër punt gekry as wat ek verwag het. Ek het toe begin dink ek kan dalk aan die wêreldkamp­ioenskap deelneem omdat my punte op dieselfde vlak as ander wêreldkamp­ioene was.”

Sy het dieselfde jaar deelgeneem en ’n silwermeda silwermeda­lje gewen – ’n groot prestasie.

Daar was geen kompetisie­s in 20 2020 nie weens die pandemie, en kompetisie­s is die volgende ja jaar aanlyn gehou. Kaitlin het to toe ’n goud in die internasio­nale ko kompetisie gewen. En nou het sy haar medalje by die wêreldka kampioensk­ap in Pole om by ha haar versamelin­g te voeg.

Sy is egter vol vertroue om die pa para-paaldans-afdeling agter te la laat.

Van nou af, sê sy, wil sy fokus o op die hoepel, wat nie ’ n p para-afdeling het nie. Sy werk o ook daaraan om haar eie paald dans-ateljee te begin.

Want vir Kaitlin is daar nie perke nie.

 ?? ?? Kaitlin Rawson het haar nek gebreek in ’n paaldanson­geluk, maar sy het teruggeveg, en nou neem sy weer aan kompetisie­s deel.
Kaitlin Rawson het haar nek gebreek in ’n paaldanson­geluk, maar sy het teruggeveg, en nou neem sy weer aan kompetisie­s deel.
 ?? ??
 ?? ?? LINKS: By haar afrigter, Daniella Baker, met die goue medalje wat sy vanjaar by die wêreldkamp­ioenskap in Pole gewen het. REGS: Kaitlin vertel sy kan haar lewe nie sonder paaldans indink nie.
LINKS: By haar afrigter, Daniella Baker, met die goue medalje wat sy vanjaar by die wêreldkamp­ioenskap in Pole gewen het. REGS: Kaitlin vertel sy kan haar lewe nie sonder paaldans indink nie.
 ?? ?? Haar ouers, Frank en Debbie Rawson, en haar suster, Jade, het haar elke dag besoek in die hospitaal waar sy ná die ongeluk aangesterk het.
Haar ouers, Frank en Debbie Rawson, en haar suster, Jade, het haar elke dag besoek in die hospitaal waar sy ná die ongeluk aangesterk het.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa