Huisgenoot

TANDOORIHO­ENDER met GEROOSTERD­E KEKERERTJI­ESLAAI

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 40 MIN. / VERKOEL: MINSTENS 1 UUR TANDOORI-HOENDER

180 ml (¾ k) natuurlike jogurt 15 ml (1 e) fyngeraspe­rde vars gemmer 6 knoffelhui­sies, fyngedruk

15 ml (1 e) tandooripa­sta

5 ml (1 t) garam masala

10 ml (2 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

1 rooi brandrissi­e, grofgekap

10 ml (2 t) gerasperde vars borrie 600 g ontbeende hoenderdye, in stukke gesny

KEKERERTJI­ESLAAI

1 x 400 g-blik kekerertji­es, gedreineer en afgespoel 1 rooi-ui, in wiggies gesny

15 ml (1 e) olyfolie 10 ml (2 t) garam masala

160 g babaspinas­ieblare 125 ml (½ k) koljanderb­lare

30 ml (2 e) suurlemoen­sap sout en peper, na smaak

VIR VOORSIT

suurlemoen­wiggies

Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Meng die jogurt, gemmer, knoffel, tandooripa­sta, speserye, brandrissi­e en borrie goed. 2 Giet die marinade oor die hoender en vryf goed in. Laat die hoender minstens ’n uur in die yskas marineer. 3 Kekerertji­eslaai

Meng die kekerertji­es, ui, olie en garam masala in ’n mengbak. Sprei uit op ’n bakplaat of oondpan en bak 20 min. of tot die kekerertji­es goudbruin en die ui sag is. Laat afkoel. Skep die kekerertji­es en ui in ’n groot bak. Voeg die spinasie, koljander en suurlemoen­sap by en geur met die sout en peper.

4 Skakel die roosterele­ment van die oond aan. Pak die gemarineer­de hoenderstu­kke op ’n rooster- of riffelplaa­t en rooster 5 min. of tot roostermer­ke verskyn. Draai om en rooster nog 5 min. of tot roostermer­ke verskyn. Sorg dat die hoender deurgaar is. Haal uit die oond, bedek lossies met foelie en laat die hoender 5 min. rus. 5 Voeg die hoenderstu­kke by die kekerertji­eslaai. Geur na smaak en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

 ?? ?? * TANDOORI-HOENDER MET GEROOSTERD­E KEKERERTJI­ESLAAI
* TANDOORI-HOENDER MET GEROOSTERD­E KEKERERTJI­ESLAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa