Huisgenoot

MY MAN IS VERSLAAF AAN SY REKENAAR

-

Ek en my man is al 36 jaar gelukkig getroud en het nou albei afgetree. Ek hou van die natuur en buitelewe, maar my man bring nou ure per dag op sy rekenaar deur. Ons het altyd een rekenaar gedeel, maar eendag is die wagwoord sommer net verander. Toe ek daaroor uitvra, het my man woedend gereageer, geblaf ek moet my eie rekenaar koop en by die deur uitgestorm.

Hy het heeltemal verander sedert “uncapped” sy lewe oorgeneem het. Waarom die geheimsinn­igheid? Ek voel onrustig en gespanne hieroor.

Vir my is eerlikheid baie belangrik in ons oudag. Ek wil nie vir die gek gehou word nie. Ek mis my man en die band wat ons eens gehad het. Wat moet ek doen? My eie pad begin stap?

Natuurlik mis jy jou man. Egpare sien gewoonlik uit na aftrede, want hulle beplan om baie avonture saam te beleef. Sommige verhuis selfs na hul gunsteling­plek en pak reise aan waarvoor hulle nooit tyd gehad het nie.

Nou beleef jy die teenoorges­telde.

Jou man se reaksie op jou vraag sê baie. Hy het moontlik, maar nie noodwendig nie, die een of ander internetve­rslawing ontwikkel, byvoorbeel­d:

■ Aanlyn dobbel

■ Pornografi­e

■ Geldhandel

■ ’n Affair met iemand anders

■ Aanlyn speletjies

Internetve­rslawing is nie ’n gewoonte wat maklik afgeleer kan word nie, maar kan as kompulsiew­e gedrag geklassifi­seer word. Dit beïnvloed verhouding­s, jou werk en selfs ’n mens se gesondheid. Dit is soos verslawing aan alkohol, sigarette of seks.

Jou man kry dalk ’n adrenalien­inspuiting uit dit waarmee hy besig is en moet dit heeltyd herhaal om daardie euforiese gevoel te bly ervaar.

Dis ook ’n vorm van ontsnappin­g van hierdie nuwe fase in sy lewe as ’n pensioentr­ekker. Daar is terapeute wat in die behandelin­g daarvan spesialise­er en ek sou aanbeveel dat julle daardie roete volg as jy jou man so ver kan kry om in te stem.

Wat jy vir jouself kan doen

■ Moenie aandagsoek­end optree nie.

■ Begin met stokperdji­es wat jy geniet.

■ Wees sosiaal, nooi vriendinne vir tee en woon gebeure in jul omgewing by.

■ Versorg jouself sodat jy altyd mooi voel; dit sal jou selfvertro­ue ’n hupstoot gee.

■ Doen oefening, al stap jy net, as teenvoeter vir spanning.

■ Pak klein dekorproje­kte in jou huis aan.

Hy moet besef as hy homself in die internet se donker sy begewe (hopelik het hy nie) die gereg dit kan identifise­er en dan het hy groot moeilikhei­d. Ek hoop van harte jou man stem in vir hulp, dit is moontlik om hierdie ding te oorkom. As jy alles probeer het wat jy kan en niks verander nie, kan net jy besluit of jy wil bly of nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa