Huisgenoot

Nuwe musiek

Twee plaaslike musiekster­re wys op internasio­nale verhoë wat ons kán doen – en die ganse wêreld luister aandagtig

- Deur ELRI BOUCHER

30 JAAR LATER

Glo dit of nie, dis vanjaar al drie dekades – ja, 30 jaar – sedert die sangeres Corlea Botha (36) op vyf jaar begin sing het.

Sedertdien het die mooiste musiek gevolg: Daar was haar duette saam met Rudi Claase en Jannie Moolman, en onder meer die albums Wie ek is en Onbreekbaa­r, asook ’n ontelbare rits treffers.

Jy weet dit dalk nie, maar benewens Afrikaans sing Corlea ook in Engels, Frans en Italiaans.

Nou is haar jongste album uitgereik – en die titel, Journey, sê baie, vertel Corlea.

Ja, sy voel asof die laaste 30 jaar ’n reis na haarself was; sy is nou op ’n plek waar sy kan kies wat sy wil sing.

“Dit is ’n ongeloofli­ke voorreg,” sê sy. “Die afgelope 30 jaar was daar baie hoogte- en laagtepunt­e, maar nou kan ek my liefde vir musiek ook met internasio­nale gehore deel.”

Corlea verwys onder meer na haar kontrak met die Seabourn Cruise Line-groep.

“Dis ’n maatskappy wat eksklusiew­e passasiers­kepe besit en ek het oor ’n tydperk van ’n paar maande op verskeie van die skepe vertonings gedoen. Ons het plekke soos Antarktika, Kanada en Spanje besoek,” vertel sy.

Die album Journey, wat ook die naam is van die vertoning wat sy vir dié plesierboo­tgroep gedoen het, is vol bekende treffers, treffers soos “IHaveNothi­ng” “I Have Nothing” van vanWhitWhi­tney Houston.

“Die persoon wat die bespreking­s vir al die vermaak op die skepe doen, het ’n opname van die vertoning Classics is Groot as ’n Kersgesken­k ontvang. Hy het my daarop gesien en my genooi om op hul skepe te kom sing.”

Sy het al sewe vastelande gesien terwyl sy op die skepe gesing het.

Die sangeres se verloofde, die sanger JD Mars, het saam met haar gereis. Hulle het die liedjie “We’ve Got Tonight” saam gesing. Dit is oorspronkl­ik deur Kenny Rogers en Sheena Easton gesing.

“Ek dink dit was ’n natuurlike proses vir ons om iets saam te sing,” sê Corlea. “JD se stem het so ’n lekker growwe en lae ondertoon, en myne is hoog en suiwer. Wanneer ons saam sing, is dit iets besonders, en ek voel baie geseënd om my passie vir musiek met my geliefde te deel.”

Baie dinge wag in 2024, soos ’n duet saam met Elvis Blue.

“Elvis is baie talentvol en het die vermoë om iets so eenvoudig te skryf, maar dan dra hy dit met soveel betekenis oor. Toe hy die eerste keer vir my ’n gedeelte speel van die liedjie wat ons saam gaan sing, het ek hoendervle­is gekry. Dit gaan ongeloofli­k wees.”

Sy maak ook gereed om in die vervaardig­erstoel in te skuif.

“Ek wil JD onder meer help met sy nuwe enkelsnit, en dan is daar nog so ’n paar ander projekte.”

 ?? ?? HOOFFOTO: Corlea Botha se jongste album, Journey (REGS BO), is onlangs uitgereik.
HOOFFOTO: Corlea Botha se jongste album, Journey (REGS BO), is onlangs uitgereik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa