Huisgenoot

Nuut op die rakke

Bagasie vir die vakansieko­ffer

- Deur ELNA VAN DER MERWE

DIANA SE DAG Deur HELENE DE KOCK Human & Rousseau, R289*

Met haar 80ste verjaardag verlede maand kon die geliefde skrywer Helene de Kock terugkyk op ’n lewe wat sy voluit geleef het et

– en vandag nog maak sy so.

“My toekomspla­nne is baie e dieselfde as enige ander jaar. Om m lief te hê en om te skryf,” sê sy. “Ek k is besig met ’n opvolg op Diana se dag, naamlik Drome het ook asem. Ek hoop maar die uitgewers gaan ook daarvan hou, want ek skryf heerlik, hoewel – soos altyd – moeilik daaraan. So my toekomspla­nne hang natuurlik nie van my af nie. Dis alles suiwer er genade van Bo.”

Eloise Wessels, NB Uitgewers se uitvoeit rende hoof, sê: “Ek het ’n dekades lange persoonlik­e én werkverhou­ding met Helene. Sy is op meer as een manier soos geliefde familie – ek koester dit, soos wat haar boeke vir haar lesers koestering en plesier bied. Haar romans verskaf wonderlike leesgenot, ook by die herlees tydens ’n slapelose nag of ’n ontspanne vakansieda­g.”

Helene is bekend vir haar heerlike liefdesver­hale, en in die langer as 30 jaar wat sy al skryf, het meer as 40 boeke uit haar pen verskyn. Hierby het sy op 71 ’n doktorsgra­ad in skryfkuns ontvang nadat sy haar meestersgr­aad in skeppende skryfkuns cum laude geslaag het.

Haar jongste roman, Diana (uitgespree­k soos die naam van die oorlede Britse prinses), bevat al die elemente wat maak dat ’n mens jou voordeur dig toemaak en hoop niemand kom kuier nie. Want wanneer jy ingetrek word in die wêreld van Diana Botha, wynmaker van die spoglandgo­ed Soeterwijn, wil jy so lank moontlik ongesteur daar bly.

Die lewe het met hierdie mooi meisie sulke onvoorspel­bare draaie gevat. Die gesin was ryk en bevoorreg – tot haar pa in die tronk beland het weens bedrog, en sy en haar ma en broer in ’n krotbuurt eindig. Sy kry ná skool ’n studiebeur­s en gaan leer om wyn te maak op Stellenbos­ch.

Diana se eerste pos op ’n pragtige Bolandse wynplaas is meer as waarvan sy ooit kon droom, en boonop kan die baas van die plaas, Duncan Weston, nie sy oë van haar afhou nie.

Daar is natuurlik komplikasi­es, waarvan Duncan se snobisties­e ma net een is. Die ander grote is die chirurg Lutz Weilandt saam met wie sy op skool was en wat dus weet waar sy vandaan kom.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa