Huisgenoot

BOOGSKUTTE­R

- Deur PETRA DU PREEZ

22 NOV – 20 DES Ongeduld kan soms jou grootste vyand wees, so probeer om nie oorhaastig te wees om dinge af te handel of op die laaste lyn te teken nie. Verwarring oor ’n huishoudel­ike kwessie lyk dalk oppervlakk­ig, maar baie foute is in die proses gemaak en die detail is oor die hoof gesien. Jy en jou wederhelf is ten minste op ’n goeie plek om openlike gesprekke oor belangrike besluite, veral oor geld, begrotings en skuld, te hê.

GELUKKIGE NOMMERS

9, 21, 32, 42, 27, 18

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Herinner jouself jy is inherent ’n versigtige mens en nie iemand wat daarvan hou om risiko’s te neem nie. Al het jy rede om optimistie­s te wees rondom die 18de, is die kans goed dat iets weggesteek of nie geopenbaar word nie. Terwyl jy dus dink dis ’n goeie transaksie, is dit dalk glad nie die geval nie. Nou is ook nie die tyd om in die strik te trap en ’n slagoffer te wees nie – jy is nie een nie en die beeld pas beslis nie by jou nie.

GELUKKIGE NOMMERS 14, 28, 43, 46, 40, 20

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Dis tans maklik vir ander, veral vriende, om voordeel te probeer trek uit wat hulle weet jou swakpunte is en jou skuldig te laat voel. Probeer dus daarvan bewus wees in jou omgang met ander. ’n Rooivlagsi­tuasie rondom geld kan vermy word as iemand jou ’n lening vra of om hulle te help. Dink daaraan as liefdadigh­eid as jy nie ’n manier kan vind om nee te sê nie. Jou wederhelf is dalk nie te beïndruk met so ’n situasie nie, maar moenie skaam wees nie, en neem verantwoor­delikheid daarvoor. GELUKKIGE NOMMERS 20, 35, 40, 44, 38, 26

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Dit is te verwagte dat jy ’n bietjie broos kan voel wanneer die son en jou heersende planeet, Neptunus, op die 17de teen mekaar te staan kom. Sit tyd opsy vir selfsorg, of dit nou fisiek, emosioneel of geestelik is. Sien dit as voedsel vir jou liggaam en siel, en probeer om nie te doen wat jy gewoonlik vir ontvlugtin­g doen nie. Hou die kommunikas­iekanale oop met jou vriende wat tans jou reddingsbo­ei is. GELUKKIGE NOMMERS 9, 29, 38, 44, 36, 21

RAM

21 MRT – 19 APR

Wees bedag daarop om meer te belowe as wat jy kan lewer, veral met betrekking tot werkprojek­te wat aansienlik­e bedrae geld vereis. Tensy jy ’n stewige fondasie het, kan dit net ’n kaartehuis verteenwoo­rdig wat op sigself in duie stort. ’n Aanbod, moontlik met internasio­nale konneksies, kan baie aanloklik lyk, maar is waarskynli­k te goed om waar te wees. Kyk wat rondom die 18de gebeur en gebruik dit om jou te lei, maar moenie vir ’n bedrogspul val nie.

GELUKKIGE NOMMERS

5, 29, 49, 51, 42, 26

BUL

20 APR – 20 MEI

Al is uitbreidin­g vir jou belangrik, moet jy versigtig wees om dit oorhaastig en sonder goeie beplanning te doen. Te veel te gou kan dalk net jou ondergang wees, tensy jou navorsing deeglik en gedetaille­erd is. Dit is ’n uitstekend­e tyd om jou kennis uit te brei, of jy nou ’n kursus doen, jou vaardighed­e opknap of meer oor ’n heeltemal nuwe vak leer. Reis is ’n groot moontlikhe­id. GELUKKIGE NOMMERS 52, 26, 13, 5, 25, 37

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Die onbekende en raaisels in die lewe lok jou hierdie week, en as jy ’n tipiese Tweeling is, sal jy graag daaroor wil oplees, navorsing doen en dieper delf. Dis ’n goeie idee om dit dalk eers vir jouself te hou en nie met ander te deel nie, anders kan jy dalk gespot word. As jy tans ontevrede voel met jou werk, neem kennis dat dit ’n verbygaand­e fase is en moontlik ’n klimaks rondom die 17de kan bereik. GELUKKIGE NOMMERS

15, 20, 43, 47, 27, 17

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Al smag jy dalk na ’n vakansie as ’n manier om weg te kom van ’n moeilike situasie by die werk, weet jy dit kom neer op weghardloo­p van jou probleme. Probeer om wat ook al jy die 17de wil vermy vierkant in die oë te kyk en om deernis met jouself te hê in die situasie. Dit kan ’n heerlike sosiale tyd wees om saam met jou vriende deur te bring, insluitend jou wederhelf. Lag is ’n goeie manier om stres te verlig. GELUKKIGE NOMMERS

17, 33, 49, 50, 35, 19

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Met die son wat tans deur jou kreatiwite­itshorosko­op beweeg, beleef jy oomblikke van inspirasie wat goeie werk kan oplewer. Jou intuïsie is veral skerp teen die 17de, en jy sal dalk goeie idees wil neerskryf voor dit in die lug verdamp. Wees bedag daarop dat finansieri­ng jou nie hoef te keer om jou idees uit te voer nie, maar maak dubbeld seker jou werk is in orde voor dinge te ver gegaan het. GELUKKIGE NOMMERS

4, 18, 44, 46, 20, 15

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jy en jou maat/eggenoot maak oënskynlik baie toekomspla­nne, en vir eers stoom dinge lekker voort. Met albei jou heersende planete wat agteruitbe­weeg, kyk of een of albei van julle nie dalk ’n verkeerde rigting ingeslaan het nie. Die laaste ding wat jy wil hê, is om geld te bestee aan iets wat op die ou end nie gaan uitwerk nie. Stem saam om vir eers oor huishoudel­ike besluite te verskil. Dit kan later uitgestryk word.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 33, 45, 47, 36, 28

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jy ly miskien op die oomblik aan ’n gebrek aan konsentras­ie by die werk, veral as jy voel jy dagdroom gereeld. Die oplossing kan wees om jouself toestemmin­g te gee om vir kort tye te ontsnap, solank dit nie die gehalte van jou werk beïnvloed nie. Gesprekke oor die toewysing van geld om opknapping­s aan jou woonplek te doen sal noodwendig tot bespreking­s oor jul geldsake lei. GELUKKIGE NOMMERS 20, 24, 29, 52, 27, 21

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Dit is bekend dat jy ’n sesde sintuig het, en hierdie week is jou instinkte in die kol en laat die alarmklokk­e lui. Dit gaan veral oor ’n belegging of ander soortgelyk­e geldsaak, veral as jy voel dit is te veel van ’n waagstuk. Gelukkig is jy geneig om deur swendelaar­s te sien, so neem kennis en wees bewus van mense wat jou wil inloop. Al is daar ’n paar meningsver­skille tussen jou en jou maat, verloop gesprekke goed.

GELUKKIGE NOMMERS 18, 29, 38, 51, 34, 27

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa