Huisgenoot

Wat is 'n ster?

Die Babbelbend­e vind meer uit oor die blink spikkels in die hemelruim

- In volgende week se storie vra die Babbels hoe balans werk.

‘WELKOM by my towerverto­ning,” sê Bibi en buig voor haar maats Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd.

“Ek hoop julle is gereed vir iets magies, iets misterieus, iets fantasmago­ries,” sê Bibi dramaties.

Paloeka en Palawa klap hande. Hulle kan nie wag om na Bibi se kulkunsies te kyk nie. Sy oefen al weke lank en hou alles geheim.

“Vir my eerste toertjie het ek ’n potlood nodig en ’n titsel towerstof,” sê sy en sprinkel blinkers oor die potlood in haar hand. Sy vat haar towerstaf en swaai dit oor die potlood.

Die potlood sweef skielik deur die lug.

“Bibi, hoe kry jy dit reg?” vra Palawa geskok.

“Wow! Dit is so cool,” sê Paloeka. “Dis my geheim,” sê Bibi en knipoog vir die twee Babbels.

“Trrr!” lui die groot televisies­kerm in die Babbelboom­huis en onderbreek die vertoning. Bibi druk ’n knoppie om die videoboods­kap te speel.

“Hallo, Babbelbend­e; ek wil graag weet, wat is ’n ster?” vra die meisie op die skerm.

“Sterre is daai goedjies op jou mantel,” sê Paloeka, vol selfvertro­ue.

“Jy is reg, Paloeks. Hierdie is stervormig­e blinkers, maar ek dink ons maatjie bedoel die sterre in die hemel? Die blink sterre wat in die nag skitter,” sê Bibi.

“Terwyl ek gereedmaak vir my volgende toertjie, kan Ben sommer vir ons verduideli­k wat sterre regtig is,” stel sy voor en bel hul vriend, die avontuurlu­stige, nuuskierig­e veldver slaggewer en ontdekker.

“Het julle geweet dat die son ’n ster is?” vra Ben.

“Waarvan praat jy? Die son is dan die son,” sê Palawa.

“Dit is reg, maar die son is eintlik ’n indrukwekk­ende ster. En ons kan

die son in die dag sien omdat dit die ster is wat die naaste aan ons planeet is, én omdat die aarde om die son wentel,” sê Ben.

“Wat beteken wentel?” vra Paloeka.

“Wentel is wanneer iets al in die rondte rondom iets anders draai. So draai die aarde rondom die son,” sê Ben.

“En terwyl die aarde rondom die son draai, draai ons planeet ook om en om.

“Dit beteken dat Suid-Afrika soms na die son toe wys en soms nie. Wanneer Suid-Afrika in die rigting van die son wys, dan is dit dag. Maar wanneer Suid-Afrika weg van die son af wys, dan is dit nag. Wanneer dit nag is, is die ander sterre in die hemelruim sigbaar omdat die son se strale nie in ons oë skyn nie,” sê Ben.

“Goed, maar wat is sterre? Waarvan is dit gemaak?” vra Bibi.

‘Het julle geweet, daar kan 1,3 miljoen aardes in die son inpas? Dit is hoe groot die son is’

“Sterre is baie groot bolle ontploffen­de gas. Daar is verskillen­de groottes en verskillen­de kleure. Dit kan wissel van blou tot wit, geel, oranje en selfs rooi,” sê Ben. “Die blou sterre is die warmste en het die meeste energie van alle sterre. Die rooi sterre is die koelste en het die minste energie,” sê Ben.

“Ons son is ’n geel dwergster.

Maar moenie dat die woord dwerg julle flous nie. Die son is allesbehal­we klein. Het julle geweet, g daar kan 1,3 miljoen aardes in die son inpas? Dit is hoe groot die son is,” sê Ben.

“Wow!” sê Paloeka. “Dit is enorm.”

“Sonder die energie van die son sal niks op aarde kan lewe nie. Die energie van die son is wat lewe hier op aarde moontlik maak, en wat w vir ons krag kan gee deur middel van sonpanele,” sê Ben.

“Maar onthou, die son kan ook sleg wees vir ons velle as ons nie sonbrandro­om dra nie. Dit is daarom belangrik om o te onthou om sonbrandro­om aan jou vel te smeer as jy buite speel sodat jy jou vel teen die son se st strale kan beskerm,” sê hy.

“Dan het ek nog een groot w wetenskapl­ike feit om met ju julle te deel. Het julle geweet da dat sterre nie vir altyd skyn ni nie?” vra Ben.

“Sterre leef net vir ’n seke kere tyd, en wanneer hul lew lewens tot ’n einde kom, dan do doof hul liggies uit. Maar mo moenie julle bekommer nie, we wetenskapl­ikes sê ons son sal mi minstens nog vyfmiljard jaar sk skyn. Dit is nog baaaaaaaie lank,” sê Ben.

“Dat die son nou ’n ster is? Kan julle dit glo?” vra Paloeka.

“Ek kan nie. Dit laat my kop draai, net soos Bibi se toertjies,” sê Palawa.

“En hier is nog ’n toertjie. Ek gaan water in ysblokkies verander,” sê Bibi.

Bibi vat ’n glas water, gooi ’n lappie oor die tafel, en toe sy die lappie oplig, is daar ’n glas vol ys.

“Wat? Hoe doen jy dit, Bibi?” vra Palawa.

“Vertel ons asseblief?” vra Paloeka.

“O nee, nie vandag nie. Dit is my geheim. Maar dalk sal ek julle nog eendag wys,” sê Bibi en lag.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa