Huisgenoot

50 KG LIGTER NÁ CHIRURGIE

Toe haar gewigstryd ’n laagtepunt bereik, reik, het sy mediese hulp gekry vir wat eintlik ’n chroniese siekte is – vetsug

- Deur KESHIA AFRICA Foto’s: ER LOMBARD

DIT was vir haar vernederen­d toe drié mans moes help om haar lyf van 147 kg op die boot te kry nadat sy gaan snorkel het. Dít, het sy gevoel, was ’n laagtepunt. Haar gewig het reeds gemaak dat sy nie haar wittebrood in Mauritius ten volle kon geniet nie. Sy kon nie saam met haar nuwe man gaan perdry, rotsklim of lugsweef nie. En toe hulle gaan snorkel, was die uitklimsla­g vir Tracey-Lee Lusty (32) die laaste strooi.

Net daar het sy besluit sy moes iets drasties aan haar grootte doen. Want haar gewig het nie net haar lewensgeha­lte beïnvloed nie – dokters het haar ook gewaarsku s yk ongesondhe­id s komplikasi­es soos diabetes ontwikkel.

Haar lyf was so swaar, dit het alledaagse take moeilik gemaak. Iets eenvoudigs soos kruidenier­sware koop het haar gedaan gelaat, en haar bene was seer geskaaf ná ’n besoek aan die supermark.

Eintlik het Tracey-Lee lankal begin probeer om gewig af te skud.

In 2016 het sy ’n Instagramb­lad begin waarop sy geskryf het oor haar stryd. Sy wou haar met dié inskrywing­s aanspreekl­ik hou. Sy het toe 114 kg geweeg en kon die kilo’s afskud tot by 79 kg – net vier kilogram meer as haar doelgewig.

In 2017 het Huisgenoot berig oor Tracey-Lee toe sy vertel het sy hoop om ’n inspirasie vir ander te wees – nie oor haar gewigsverl­ies nie, maar as bemoedigin­g om gesond en gemaklik te wees.

Maar geleidelik het die kilo’s weer begin aanpak.

En toe die pasgetroud­e Tracey-Lee in Oktober 2022, net meer as ’n jaar gelede, op haar wittebrood gaan, het sy selfs méér geweeg as destyds.

Teen daardie tyd het sy die skaal op 147 kg laat kreun.

En dit was toe dat sy besluit het: Dis nou genoeg. Niks anders werk nie; ondanks al haar ander pogings ogings kán sy nie gesond bly nie, en n sy wil bariatries­e chirurgie ondersoek. dersoek.

Sy het ’n afspraak gemaak by Cathy Brunger, bariatries­e riese koördineer­der by die Bariatric tric Clinic by die Life Kingsbury-hospitaal hospitaal in Kaapstad. Die span daar het haar gehelp om te verstaan erstaan dat vetsug deur verskeie keie gesondheid s organisasi­es, s, soos die Wêreld gesondheid sei dsorganisa­sie, as’ n chroniese nies e siekte erken word.

“Dit is ’n ingewikkel­de lde metabolies­e siekte wat at gekenmerk word deur ur oormatige vet ver sameel in gen weefseldis­funkk ksie. Die siekte het b ai eie manifestas­ies, insluitend nd psigo-sosiale gesondn dhei ds gevolge ,” sê Cathy. y.

Vir Tracey-Lee was dit amper ’n verligting om te besef ef sy sukkel nie bloot soos soveel el ander mense om ’n gesonde e gewig te handhaaf nie –sy het ’n chroniese siekte.

“Dit het my gehelp om m te besef dit is buite my y beheer. Ek verstaan nou hoekom ek so lank gesukkel kkel het om gewig af te skud.”

En dit was toe dat sy y besluit het om die stap te neem.

“As iemand’ n liggaam s massaa msmassaind­eks( LMI) van 40 of hoër het, kwalifisee­r hulle vir die operasie, ongeag of hulle ko- morbiditei­te teenwoordi­g het,” sê Cathy athy oor die groen lig wat dokters haar gegee het. TraceyLee se LMI was in daardie ardie stadium 56,7 – ver bo die wenslike e gemiddelde van tussen 18,5 en 24,9.

In Januarie vanjaar het sy die operasie aan haar spysverter­ingstelsel ring stelsel gekry. Daarna moes sy ’n gesonde onde leefstyl volg.

Nou, No 11 maande later, weeg sy 50 kg minder mind as toe sy onder die mes moes gaan. gaan “Dit is my jaar van hergeboort­e,” sê sy oor oo 2023. “Ek voel werklik die operasie het m my lewe verander.”

TRACEY- LEE E sukkel al se- dert haar kin- derjare met ’n n gewigstryd. . Oor die jare e het sy s álles probeer: elke e diee dieet onder die son, n, Weig Weight Watchers, paleo, o, keto, banting, vas. Selfs s voor voorskrifm­edisyne. Sy y het probeer p oefen en by y geso gesonde eetgewoont­es s hou, maar vergeefs.

“Di “Die kwessie oor my ge- wig w was altyd die tapisse- rie w waardeur ek my lewe e leef,” sê die gewese pro- kure kureur wat as inhoud- skepp skepper werk. Sy woon in n Groe Groenpunt, Kaapstad.

Sy het deur die jare ge- wig afgeskud, a maar dit t het a altyd weer terugge- kom. En toe sy verlede jaar aar besef sy trek by am amper 150 kg, kon sy dit skaars glo.

Da Daarom het sy ná haar wittebrood besluit om profession­ele hulp te soek.

By die bariatries­e kliniek het sy oor 12 w weke ’n klomp spesialist­e gesien. ’n Diee Dieetkundi­ge het haar gehelp om haar eetge eetgewoont­es aan te pas sodat sy wel voor die operasie van ’n bietjie gewig ontslae kon raak, en sy het voor die prosedur dure 12 kg afgeskud. ’n Biokinetik­us het ha haar fiksheidsv­lak getoets en vir haar ’n oefenprogr­am uitgewerk sodat sy so gesond moontlik sou wees wann neer sy narkose kry en onder die mes ga gaan. Sy het ook ’n sielkundig­e gespree spreek om haar op die emosionele reis voor te berei. En toe is dit tyd.

Me Met bariatries­e chirurgie word ingryp grypings gedoen wat die maag laat krim krimp. ’n Gedeelte van die maag word verw verwyder, of ’n soort band word om dit gepla geplaas. Iemand wat die prosedure onderga dergaan het, kan daarna minder kos eet – en daarom gewig afskud.

“In my geval het hulle ’n klein sakkie uit my b bestaande maag geskep met ’n maagband band, en dit het my ‘nuwe’ maag geword,” sê Tr Tracey-Lee. “Die oorblywend­e maag bly in die liggaam en ontvang normale bloed bloedtoevo­er en leef soos enige orgaan, maar funksionee­r nie as ’n maag nie.”

“Jou maag is gewoonlik so groot soos ’n vuis, en myne was omtrent so groot soos vier vuiste. Die operasie het dit verander na die grootte van ’n eier.”

Die operasie het sowat twee uur geduur en alles het seepglad verloop. ’n Week nadat sy ontslaan is, kon sy langs Seepunt se promenade gaan stap.

Aangesien vetsug as ’n chroniese siekte beskou word, het haar mediese fonds R100 000 van die kostes gedek. Sy moes nog R90 000 uit haar eie sak dek, maar vir Tracey-Lee was dit elke sent werd.

DIE skaal regeer nie meer haar lewe nie. Sy het nie meer iets soos ’n doelgewig nie. e. Haar doel is bloot om m gesond te wees en speesifiek­e prestasieg­edree- we doelwitte te bereik, soos om ’n marathon te voltooi.

Sy is versigtig oor wat sy eet, voeg sy by. Sy volg ’n Mediterree­nse dieet en drink baie water. “Ek eet gereeld, maar klein porsies op ’n klein bordjie. Dis vir my ongeloofli­k dat ek nou kan sê: ‘Ek is vol en wil nie alles op my bord eet nie.’ ”

Die ding waaroor sy die dankbaarst­e is, is dat haar hipotalamu­s – die deel van die brein wat honger en versadighe­id aandui – weer werk, sê sy. “As jy vetsugtig is, werk daardie seine nie meer nie.”

Haar man, Dean Horwitz, ondersteun haar. Hy het self ook gesonder begin eet. “Hy is bly dat ek weer aktiewe dinge saam met hom kan doen,” sê sy.

Sy en Deon, ook ’n inhoudskep­per, het mekaar in 2009 op Facebook ontmoet – hy was op soek na mense om promosie-veldtogte te doen en sy het reageer. Hulle het aanlyn begin gesels “en die res is geskiedeni­s”, sê sy.

Die operasie het haar lewe op baie maniere verander.

“Ek het voorheen soggens vir ’n uur gimnasium toe gegaan en geen energie vir enigiets anders gehad nie. Nou kan ek twee tot drie uur oefen, ’n volle dag se werk doen en steeds energie hê vir alles wat ek moet aanpak.”

Tracey-Lee deel steeds inskrywing­s oor haar gewigsreis op Instagram. Sy erken sy was bang om haar volgelinge van haar operasie te vertel.

“Ek het verduideli­k hoe ek die operasie met my liggaam s positiwite­it versoen het ,” sê sy .“En gelukkig is dit goed ontvang. Liggaam s positiwite­it beteken om te verseker dat jou liggaam optimaal vir jou funksionee­r, hoe jy ook al lyk.”

Sy het Tafelberg onlangs die eerste keer sedert 2011 uitgeklim. Tans oefen sy vir die 2024-Iron Man-driekamp. “Ek het vier driekampse­ssies per week, tesame met drie gewigsoefe­ninge per week. Die beste deel is dat ek nou meer kan doen, juis omdat ek minder weeg.”

‘DIT IS BUITE MY BEHEER. EK VERSTAAN NOU HOEKOM EK SO LANK GESUKKEL HET’

 ?? ?? Tracey-Lee Lusty is nou fikser en gesonder as wat sy in jare was.
Tracey-Lee Lusty is nou fikser en gesonder as wat sy in jare was.
 ?? ?? HEEL BO en BO: Voor die operasie by haar man, Dean Horwitz, op die Seepunt-promenade, en op wittebrood in Mauritius. LINKS en REGS ONDER: ’n Nuwe mens ná die operasie.
HEEL BO en BO: Voor die operasie by haar man, Dean Horwitz, op die Seepunt-promenade, en op wittebrood in Mauritius. LINKS en REGS ONDER: ’n Nuwe mens ná die operasie.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa