Huisgenoot

DROME VIR MY BOEKKLUB

Philippi is ’n plek van bendes en geweld, maar met haar leeskring leer ’n jong vrou die townshipki­nders dat daar soveel meer is buite die enigste werklikhei­d wat hulle ken

- Deur MEGHAN LAWRENCE

VROEG Saterdagog­gende al begin die koor van kinderstem­me rondom Sindeka Mandoyi se huis opklink, want hulle kan eenvoudig nie wag nie. Dan breek die middaguur eindelik aan en 30 stuks kinders maak hulle so gemaklik as wat hulle kan in ’n hut naby Sindeka se blyplek. Hulle sit omtrent bo-op mekaar, maar niemand gee om nie, want gou word hulle weggevoer na ’n wêreld waar alles moontlik is, maak nie saak wie of wat jy is nie.

Die klankbaan van hul drome is Sindeka (29) se stem wat boeiend vir hulle voorlees, want dié is die weeklikse samekoms van Philippi se boekklub. Twee uur lank vergeet die kinders van al die uitdagings en harde werklikhed­e van die lewe in hul gemeenskap.

“Die kinders is mal daaroor. Hulle wil leer,” sê Sindeka, ’n tydskrif-intern, oor haar jong leeskring.

“Om te dink ek het eers gewik en geweeg of ek wel hierdie boekklub in die lewe wil roep . . .”

Sindeka het gevra dat ons in die Media24-gebou gesels eerder as om by haar blyplek te ontmoet omdat die omgewing rondom die boekklub nie altyd veilig is nie.

“Philippi is baie gevaarlik,” herhaal sy nou. “Dit is baie naby aan die lughawe. Daar is ’n hoek in die township in een van die strate waar mense gereeld geskiet word. En ek kan nie mense boekklub toe laat kom en hul lewens in gevaar stel nie.”

Maar die kinders wat by haar boekklub aansluit, het geen ander keuse as om daar die strate in te vaar nie – dis hul leefwêreld.

Sindeka gesels met soveel passie oor haar liefdespro­jek dat haar tee gou koud en vergete is. “My boekklub is die enigste wat ons het . . . Dis nogal hartseer. Maar ek wou nog altyd ’n boekklub gehad het omdat ek ook in die township sonder een grootgewor­d het.”

Dit het klein en spontaan begin, verduideli­k sy. Haar nefie en sy maatjies het eendag by haar huis kom speel, en op ’n dag het sy ’n boek nader getrek en vir hulle begin lees. Daarna het hulle gedurig gevra vir nog.

“Die kinders ken nét vir Philippi. Hulle was nog nooit buite Philippi nie. Hulle is gewoond aan die misdaad en die bendes. Dis die ergste plek vir ’n kind om groot te raak; dit is regtig . . . Dis ’n plek waar mense gefaal word.”

“Maar,” voeg sy by, “dis ook ’n plek waar mense probeer om ’n beter bestaan te voer. Met hierdie boekklub probeer ek vir die kinders wys dat daar soveel meer daar buite is.”

 ?? ?? Sindeka Mandoyi hou Saterdae boekklub en maak so vir die kinders van Philippi ander wêrelde oop.
Sindeka Mandoyi hou Saterdae boekklub en maak so vir die kinders van Philippi ander wêrelde oop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa