EN TOE IS ÓÚMA DIE KARATE KID!
Haar kleinseun het haar aan karate bekendgestel – en nou het Romy Kloppers op 70 haar swart belt gekry
DIE oefensak dreun wanneer die vrou in die wit karatepak dit met blitsige houe moker. Dan uiter sy ’n kreet om haar krag en energie te fokus, gereed vir die volgende gevegsoefening. Dis dalk ’n toneel wat hom gereeld in dojo’s afspeel. Maar dié is g’n gewone student nie. Want op die rype ouderdom van 70 het Romy Kloppers onlangs die reg verdien om die gesogte swart gordel (eerste dan) om haar middel vas te knoop.
Dit beteken dié Vanderbijlparkse ouma het die tegnieke van die Oosterse gevegskuns nou goed onder die knie.
Haar sensei, soos karatemeesters heet, lyk heel ingenome, maar Romy is nog lank nie gereed vir ’n blaaskans nie. “Nee, ek wil gou skop. Dis my gunsteeling,” laat sy hoor.
Die tiener wat die oefensak vasshou, lyk glad nie verbaas nie. Dis s Romy se eie kleinkind, die 17-jaarige Tristan.
Hy en Ouma het agt jaar gelede e saam begin karate doen. Hy self lf het al opgehou met die sport, t, maar die gogga het sy ouma beehoorlik gebyt.
Sensei John van der Sandt is s sommer baie trots op sy student. t. “Sover ek weet, is daar net een n ander mens in Suid-Afrika, ook ’n n vrou, wat eers op 70-jarige ouderrdom haar swart belt gekry het. t.
Dis baie seldsaam.”
Maar nou is dit eers weer tyd vir aksie. Tristan vat die oefensak stewiger ger vas en staal hom vir wat kom. Met ’n geoefende eoefende swaai van haar lyf skiet sy ouma a se been uit en haar voet plof hard teen die sak.
Toe kry hierdie joernalis ’n beurt om die sak vas te hou. En jy kan maar ar glo, die krag van Romy se skoppe het my y behoorlik laat steier!
OM JOU swart belt te e kry verg baie ure van intense nse oefening en fiksheid, d, maar Romy het nog altyd ltyd volspoed geleef. Neem eem nou maar haar man, Paul. aul. Op 65 is hy ’n hele vyf jaar jonger as sy, y, verklap hy met die intrapslag by hul huis is in Vanderbijlpark.
“Jy sien, ek het ’n ouer vrou u getrou, getroug ,
want wan ek het gedink sy sal vir my sorg wanneer wan ek oud word. Maar soos dinge nou aangaan, gaan sy my uitleef,” terg hy, en albei a lag alte lekker.
Dan Da vertel Romy haar lewe was kleintyd al a ’n avontuur. “Ek is in Durban gebore en my pa was ’n treinman. Toe ek twee jaar oud was, het ons na Livingstone in Zambië Zam verhuis, naby die Victoria-waterval, w waar hy vir die spoorweg gewerk het.
“My “M lewe daar was wonderlik. Ons het vier honde gehad en elke dag buite gespeel spee en saam met ons maats rondgehardloop.” hard
Sy was 13 toe die gesin teruggetrek het Durban Durb toe. Daar het sy uitgeblink in atletiek, letie netbal en swem.
“Ek “E was nie baie lief vir my skoolwerk nie. Maar sport was vir my altyd lekker en ’n uitdaging.”
Paul Pa is haar tweede man. Hulle het mekaar ontmoet toe albei in die staalbedryf hier in die stad in die Vaaldriehoek gewerk het. Romy het twee seuns, Vaughn (52) en Clinton (51). En dan natuurlik haar kleinseun, Tristan, wat haar belang- g stelling stell in karate aangewakkker het. h
Sy was in daardie stadium al afgetree, afge maar het taamlik ge- reeld in haar parmantige Suuzuki Samurai gimnasium toe e gery vir aërobiese klasse.
Maar M toe haar kleinseun so o geesdriftig gees begin skop en n slaan, slaa besluit sy ouma sy gaan n dit ook o probeer. Ná die eerste e les by b die Kuro-Obi Shotokan n Karate-Do, Kara haar karateklub, b, het s sy net nooit opgehou nie. e. Mettertyd Met was die dissipline e van kata en kumite, vasgestellde gevegsoefeninge g en -teggnieke, niek vir haar so natuurlik k
soos loop en asemhaal.
“Voor karate deel was van my lewe, was ek ’n baie angstige mens. Maar toe ek dit begin beoefen, het dit my kalm gemaak. Ek het meer in beheer gevoel.”
En daardie kalmte, beheer en energie het vrugte afgewerp toe sy in Oktober voor ’n paneel van 10 karatemeesters deur haar passies vir die nasionale swartbeltgradering gegaan het.
Sensei John, haar leermeester die afgelope jaar, is baie trots toe Huisgenoot hom oor haar prestasie uitvra. “Baie mense dink karate is ’n baklei-sport, waar jy soos in boks mekaar in vele rondes takel tot daar ’n wenner is. Maar dis nie die geval nie.
“Karate gaan oor fisieke dissipline, karakterdissipline en respek. Jy gebruik nie jou vaardighede en tegniek om met iemand te baklei nie.
“Maar wanneer jy wel aangeval word, gebruik g jy dit om j jou aanvaller te stuit sodat jy kan wegkom,” verduidelik hy.
“Romy is ’n toegewyde student en is elke week hier, waar sy hard werk om haar tegnieke en vaardighede te verbeter. Wanneer sy nie die klasse kan maak nie, stuur sy altyd vir my ’n boodskap om verskoning te vra. Dit wys watter respek sy vir my en die sport het.”
Die dag toe sy haar eerste dan, die intreevlak van die swart belt (die hoogste is agtste dan), gekry het, was hy veral trots op haar.
“In een afdeling het sy teenoor ’n jonger man te staan gekom. Hy kon haar aanvalle nie vinnig genoeg blok nie en so het sy baie meer punte opgeraap as hy.”
Vir Tristan is sy ouma ’n groot inspirasie. “Ek is geweldig trots op haar. Ek doen nie meer karateklasse nie, maar sedert sy haar swart belt gekry het, en toe ons nou saam die tegnieke geoefen het, oorweeg ek dit sterk om weer te begin.”
DIS haar familie en vriende se liefde en ondersteuning wat haar die selfvertroue en krag gegee het om haar besonderse prestasie te behaal, vertel Romy. Sy is nog lank nie klaar met karate nie, maar in hul aftreejare het sy en Paul ook weg van die dojo ’n vol lewe, vertel sy terwyl hul honde, Tyson en Yogi, nader kom en aandag soek.
“Ons is dol daaroor om te kampeer, 4x4 te ry en die langpad met Paul se Harley-Davidson aan te durf.”
Sy is ook ’n groot diereliefhebber. Saterdae neem sy graag haar natneuse na die plaaslike hondeskool.
“En ek is lief vir vrywilligerwerk. Ek ggaan weekliks uit om straatkatte, w wat volop is hier, te voer. Waar ek k kan, vang ek hulle en neem hulle n na die veearts.”
Haar volgende groot uitdaging wat w sy aanpak?
“Hinderniswedlope,” sê sy. Dié w waar jy oor verskillende hindern nisse soos nette en klimrame m moet kom.
En natuurlik het die ouma van 7 70 jaar jonk ook raad vir dié wat d dalk ’n bietjie huiwer om iets n nuuts aan te pak. “Weet dat jy dit k kan doen, al voel jy dalk dat jy nie k kan nie. Moenie toelaat dat vrees jo jou terughou nie. Wees dapper en w werk aan jou selfvertroue.”