Huisgenoot

Mense en hul dinge

LECHÉ SE KOMBUISTEE PROPVOL BEDERF

-

DIEVergeet­mynie- IE Vergeet my nieaktrise LECHÉ JOUBERT is op pad kansel toe. Sy is onlangs omtrént deur haar familie en vriende bederf met ’n spesiale kombuistee wat gehou is by die Alpine Attitude-hotel in Pretoria.

Ongeveer 20 van haar hartsmense was daar.

Die tema van die dag was “On cloud nine” – en dis presies hoe sy gevoel het. “Letterlik in die wolke van blydskap,” sê Leché. Sy kon nie uitgepraat raak oor hoe spesiaal die geleenthei­d was nie. “My ma, sussie, strooimeis­ies, my verloofde se ma en sussie het almal saamgewerk om hierdie besonderse dag te beplan en bymekaar te sit. Hulle het my so spesiaal en geliefd laat voel.”

Haar hoogtepunt van die dag was die oulike speletjies wat hulle gespeel het en wat so uniek is aan hoe sy is. “En om tyd saam met almal te kon deurbring, lekker te lag, te ont- ont span en te gesels.”

Met al die troureëlin­gs getref, tel sy en haar verloofde, Jason Schroder, die dae af tot hul groot dag. “Ons het die meeste van die reëlings vroeg al uitgesorte­er. Die tyd raak nou min en dit vang my elke nou en dan dat al hierdie dinge werklik is,” sê Leché.

“’n Mens probeer nie die dae omwens nie, maar dis baie opwindend om te weet ons gaan oor minder as twee tweemaande­trou!” maande trou!”

Leché, wat tans te sien is in die kykNET-komedie Taktiek, sê sy sien die meeste daarna uit dat sy en Jason hul lewe saam kan begin. “Om Jason se vrou te wees en dat hy my man gaan word. Natuurlik gaan ek lieg as ek nie sê dat ek daarna uitsien om my droomtroue te kan ervaar saam met my droomman nie,” sê sy.

“Die sprokie word nou eindelik ’n realiteit.”

 ?? ?? BO: Leché Joubert was in haar noppies met al die geskenke wat sy op haar kombuistee gekry het. ONDER: Saam met haar aanstaande, Jason Schroder, se suster, Zoe, en ma, Alison.
BO: Leché Joubert was in haar noppies met al die geskenke wat sy op haar kombuistee gekry het. ONDER: Saam met haar aanstaande, Jason Schroder, se suster, Zoe, en ma, Alison.
 ?? ?? BO: Leché kan skaars wag om met haar droomman te trou. ONDER: Saam met haar ma, Marsha, en ousus, Charné.
BO: Leché kan skaars wag om met haar droomman te trou. ONDER: Saam met haar ma, Marsha, en ousus, Charné.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? LINKS en LINKS BO: Haar kombuistee se tema was “On cloud nine”. REGS: ’n Glasie op die toekomstig­e mev. Schroder.
LINKS en LINKS BO: Haar kombuistee se tema was “On cloud nine”. REGS: ’n Glasie op die toekomstig­e mev. Schroder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa