Huisgenoot

DROOM ROLVERDELI­NG: WIE’ S WIE?

-

Etienne is oneindig dankbaar dat die geledere van Trompoppie- akteurs sulke groot name insluit.

“Ek het so bitter baie respek en waardering vir elke liewe een van die akteurs. Dis ’n enorme eer om saam met legendes soos Frank Opperman, Marion Holm, Joanie Combrink en Albert Maritz te kon werk. Elke dag was ’n plesier.”

DIE AMBISIEUSE GIMNAS

Melissa Myburgh is te sien as die gr. 11leerder Luna wat in ’n enkelouerh­uis grootword. Toe sy by die privaat skool beland, moet sy haar ou lewe agterlaat om by ’n ryk gemeenskap te probeer inpas.

DIE WEWENAARPA

Stian Bam vertolk die rol van Luna se pa, Hugo Verwey. Ná die dood van sy vrou moet Hugo ’n enkelouer vir sy tiener wees wat, nes haar oorlede ma, ’n talentvoll­e gimnas is. Hugo is so oorweldig dat hy nie aan Luna die aandag gee wat sy verdien nie.

DIE MATRIARG

Die deurwinter­de aktrise Marion Holm speel die onstuitbar­e Jill Peterson, ’n sepiester aan die verkeerde kant van haar gloriedae. Sy is hoof van die Peterson-familie wat vir Luna ontdek, ’n beurs vir haar reël en haar onder die vlerk neem.

DIE SAKEMAN

Albert Maritz speel Jill se man, Fred. Hy is ’n liefdevoll­e pa en sakeman midde-in die chaos wat sy vrou en twee talentvoll­e dogters veroorsaak. Fred het geleer dis die beste om tuis onder die radar te vlieg. Só is daar minder drama.

MEJ. POPULÊR

Celeste Loots van die reeks One Piece speel Zanne Peterson. Sy’s die toonbeeld van perfeksie: beeldskoon, ’n talentvoll­e atleet, ryk, en is die gewildste meisie by Deacon College. Sy en Luna het dalk meer in gemeen as wat sy dink.

DIE AANNEEMDOG­TER

Luca Human was verlede jaar ons eerste Huisgenoot Eisteddfod-ster. Nou vertolk sy die rol van Elke Peterson, die jongste (aangenome) dogter van Jill en Fred. Sy en ousus, Zanne, is saam op skool. Maar al blink Elke uit in akademie, leef sy in haar gewilde suster se skaduwee.

DIE SKOOLHOOF

Die skoolhoof van die gesogte Deacon College word deur die veteraanak­trise Joanie Combrink gespeel. Kate Basson is op die randjie van aftrede, maar dan gebeur die ergste: Haar ster-leerling word vermis en is vermoedeli­k dood. Kate vrees vir haar nalatenska­p.

DIE AFRIGTER

Armand Aucamp speel Willem Hurley, afrigter van die skool se trompoppie­s. Hy is aantreklik en sjarmant, en die tienermeis­ies swymel oor hom. Sy ma, Esther, vermoed hy het ’n onvanpaste verhouding met ’n spesifieke spanlid.

DIE ‘HOOFPOPPIE’

As kaptein van die trompoppie­s regeer Mindy – gespeel deur

Elzet Nel – met ’n ysterhand. Sy neem altyd oor, dryf die groep baie hard en het ’n reputasie vir boeliegedr­ag. Sy beland in die kollig toe ’n trompoppie vermis raak.

DIE SPEURDER

Frank Opperman is die speurder Harry Herselman wat die verdwyning moet ondersoek. Harry het al baie dinge in sy werk gesien, maar gou bevind hy hom in onbekende vaarwaters. Terwyl hy na antwoorde soek, vind hy iets heel onverwags: romanse.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa