Huisgenoot

DIE DRAMATIESE ONTSPORING

-

Dis toe dat dinge heeltemal ontspoor het. Liezel was ’n geliefde predikant op Kanoneilan­d, maar Werner se lewe het in ’n donker spiraal beland.

In 2015 het hy, sover vasgestel kan word, die eerste keer sy lewe probeer beëindig.

Luidens Henk se hofdokumen­te wasWerner was Werner in Mei daardie jaar in ’n motorongel­uk op die pad tussen Louisvale en Upington. Sy storie was dat hy moes uitswaai om ’n voertuig te vermy, maar hy het later erken hy wou sy eie lewe neem.

Net ’n maand later, in Junie 2015, het Werner skerp voorwerpe gevat en sy arms, gesig en maag daarmeeges­ny, daarmee gesny, waarna hy homself met ’n mes gesteek het. Dié keer was sy aanvanklik­e storie dat ’n groep mans hom aangeval en sy skoene en selfoon gesteel het. Hy het ook beweer die mans het hom verkrag.

Of dit dié petalje was wat haar gemotiveer het, sal ’n mens nie kan sê nie, maar Liezel het in dié tyd selfverded­igingsklas­se begin neem.

Nog drie maande later, in September 2015, het Werner sy werkgewer se voertuig in ’n veld gaan parkeer en sy gewrigte gesny. Hy is gevind voor hy kon doodbloei.

Die stres van onder meer al dié selfmoordp­ogings het so erg geword dat Werner en Liezel na die Pines-kliniek op Worcester is. Hier het Werner erken dat hy sy storie oor die mans wat hom aangeval en verkrag het uit sy duim gesuig het.

Liezel het aangedring hy moet die gemeente vertel wat regtig gebeur het. Hulle was ontsteld toe hulle hoor hulle is om die bos gelei.

In Junie 2018 het Werner weer sy eie lewe probeer neem toe hy by die Augrabies Nasionale Park twee 9 kg-gasbottels in sy voertuig oopgemaak het, maar hy is betyds gevind.

“Werner het nooit tydens een van sy selfmoordp­ogings ’n nota gelos om te sê hoekom hy dit doen nie. Ons dogter se huwelik was nooit weer dieselfde nie omdat Werner konstant gelieg het en sielkundig­e probleme gehad het,” lui die hofstukke wat haar ouers ingedien het.

Deels om weg te kom van die stof wat weens Werner se skandale op Kanoneilan­d opgeskop is, het die De Jagers na Amanzimtot­i verhuis, waar Liezel in 2018 as die nuwe leraar by die NG kerk begin het.

Werner se OTM-maatskappy het hom ook oorgeplaas.

Vir Liezel was daar weer hoop. Haar vriende op die kusdorp sê sy het dadelik ingepas.

Vir Werner was dit egter nie ’n hoopvolle nuwe hoofstuk nie. Die gemeente het glo nie veel aanklank by hom gevind nie.

Saartjie*, ’n vriendin, sê Liezel het op 22 Augustus 2021 by haar kom kuier. “Sy het by dié eetkamerta­fel gesit en toe sê sy vir my Werner is in ’n kliniek. Hy het depressie en sy is trots omdat hy homself ingeboek het. Sy het vir my gewys waar op die bipolêre grafiek hy lê. Sy het gesê sy is verlig Werner kry nuwe medikasie, want as hy sy medikasie gebruik, is hy oukei.”

Luidens Henk se hofdokumen­te het Werner “ernstige sielkundig­e probleme”. Hy het hom ook glo gereeld in sy kamer toegesluit.

Dit blyk ’n geestesiek­te is by Werner gediagnose­er.

Volgens Saartjie was Liezel in die maande voor haar dood gefrustree­rd. “Haar woorde was: ‘Hy’s soos ’n kind in ’n tienerseun se lyf.’ Sy het gesê hy neem impulsiewe besluite en sy moes dan vir hom verduideli­k hoekom hy nie sekere goed kan doen nie.”

Henk het ook in sy hofdokumen­te aangevoer Werner se emosionele toestand maak dat hy nie reguit kan dink nie.

 ?? ??
 ?? ?? Liezel was ’n leraar by die NG kerk op Amanzimtot­i ten tyde van haar dood. Volgens die jong dominee se vriende het sy dadelik ingepas, maar vir Werner was dit glo nie ’n goeie nuwe hoofstuk nie.
Liezel was ’n leraar by die NG kerk op Amanzimtot­i ten tyde van haar dood. Volgens die jong dominee se vriende het sy dadelik ingepas, maar vir Werner was dit glo nie ’n goeie nuwe hoofstuk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa