Huisgenoot

DIE DONKERSTE DAG

-

Die dag van 13 Oktober 2021 het soos enige ander begin. Liezel is sowat 20 minute oor vier die oggend uit die huis om 6 km te gaan draf. Teen kwart voor ses was sy terug by die huis. Rondom sesuur het haar bure “onmenslike” gille gehoor. “Maar ons het gedink dis een van die apies wat doodgemaak word. Dit het nie soos ’n mens geklink nie,” sê een.

Ná die geskree was daar stilte, hoewel mense in die buurtwaggr­oep gevra het of iemand die gille gehoor het. Niemand het ondersoek gaan instel nie.

Teen sewe minute oor ses is die De Jagers se paniekknop­pie gedruk. Die veiligheid­smaatskapp­y het Werner ’n paar keer gebel, maar daar was geen antwoord nie.

’n Uitasem Werner het ná ’n paar minute teruggebel. Hy het gesê die knoppie is per ongeluk gedruk.

Dit was net ná sewe toe die maatskappy weer ’n noodsein vanaf die huis kry. Toe hulle bel, het Werner gesê sy vrou is aangeval en hy dink sy is dood.

’n Polisiebro­n wat byna dadelik daar was, sê Werner het langs Liezel se lyk gestaan en “krokodiltr­ane” gehuil.

“Haar handsak, selfoon en karsleutel­s het langs haar gelê. Niks is gesteel nie. Ons kon aan die toneel sien dit was nie ’n roof nie. Alles van Liezel het op die toneel gelê.”

Daardie trane was egter na bewering een van min blyke van hartseer wat Werner daardie dag getoon het. Toe Liezel se ouers op Amanzimtot­i aankom, was sy gedrag vir hulle vreemd. Hy het hulle glo geïgnoreer en gemoedelik saam met sy familie gekuier.

Saartjie beaam dit en sê Werner was die middag ná die moord besonder kalm. Hy het glo net vir mense vertel wat hy gesien het. “Ek het die gevoel gekry hy speel toneel. Ek was meer ontsteld as hy. Werner was traak-my-nie-agtig en baie casual. Hy het lekker gekuier. Dit het nie gelyk asof hy oor sy vrou rou nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa