Huisgenoot

GEROLDE LAMSBLAD GEVUL met HARISSAKOE­SKOES

GENOEG VIR 8 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN.

-

HARISSA 2 middelslag- rooi soetrissie­s

15 ml (1 e) olyfolie 1 klein rooi-ui, grofgekap 4 knoffelhui­sies, grofgekap

15 ml (1 e) fyn koljander

15 ml (1 e) karwysaad 10 ml (2 t) fyn komyn

1 vars rooi brandrissi­e, gekap

15 ml (1 e) fyngekapte ingelegde suurlemoen­skil 30 ml (2 e) fyngekapte vars kruisement KOESKOES

65 g koeskoes 80 ml ( k) kookwater LAMSBLAAIE

2 x 750 g- gerolde lamsblaaie

60 ml (¼ k) dennepitte, gerooster 125 ml (½ k) grofgekapt­e vars kruisement

15 ml (1 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

1 Harissa Plaas die soetrissie­s op ’n bakplaat en rooster 20 min. of tot die skil begin swart word. (Los die oond aan.) Bedek die soetrissie­s met kleefplast­iek en laat 5 min. sweet Trek die skil af en gooi die skille, stam en saad weg. 2 Verhit terselfder­tyd die olyfolie in ’n klein braaipan. Braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Plaas die soetrissie­s en uiemengsel saam met die res van die bestanddel­e in ’n voedselver­werker en pols tot glad.

3 Koeskoes Plaas die koeskoes en water saam in ’n middelslag­bak en laat staan 5 min. Roer die harissa by.

4 Lamsblaaie Plaas die lamsblaaie met die vetkant na onder op ’n bord. Versprei die koeskoesme­ngsel oor die vleis en sprinkel die dennepitte en kruisement oor. Rol die vleis styf op en bind dit stewig vas met kombuistou met 2 cm-intervalle. 5 Verhit die olie in ’n groot oondpan en braai die vleis tot bruin reg rondom. 6 Plaas die pan met die vleis in die oond en rooster 45 min. Haal die vleis uit die oond en bedek met foelie. Laat staan 10 min. voor jy dit voorsit.

 ?? ?? * GEROLDE LAMSBLAD GEVUL MET HARISSAKOE­SKOES
* GEROLDE LAMSBLAD GEVUL MET HARISSAKOE­SKOES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa