Huisgenoot

SWARTWOUDK­OEKSTRUIF

GENOEG VIR 10 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN. (+ TYD VIR AFKOEL EN IN DIE YSKAS)

-

SPONSKOEK 200 g donkersjok­olade, 200 g grofgekap ongesoute botter, gekap 4 eiers

150 g strooisuik­er ’n knippie sout 150 g bruismeel KERSIES IN STROOP

180 ml (¾ k) strooisuik­er 160 ml ( ²⁄₃ k) water 330 ml (1 k) droë rooiwyn 1 kaneelstok­kie 500 g kersies, ontpit

60 ml (¼ k) lemoenlike­ur MASCARPONE­ROOM

4 eiers, geskei 110 g strooisuik­er 500 g mascarpone­kaas

5 ml (1 t) fyngeraspe­rde lemoenskil VIR VOORSIT

vars kersies met hul stingels aan sjokolades­kerwe

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of bespuit ’n koekpan van 19 x 29 cm en voer die bodem van die pan met bakpapier uit wat lank genoeg is dat dit 5 cm oor die kante hang. 1 Sponskoek Plaas die sjokolade en botter in ’n hittebesta­nde bak wat oor ’n middelslag­kastrol met kokende water pas, sonder dat die bak aan die water raak. Meng tot die sjokolade gesmelt het, verwyder van die hitte en laat afkoel. 2 Plaas die eiers, suiker en ’n knippie sout in ’n middelslag­mengbak en klits sowat 7 min. met ’n elektriese klitser of tot dik en liggeel. Sif die meel oor die mengsel en vou dit liggies met ’n groot metaallepe­l in. Voeg die gesmelte sjokolade by en vou dit liggies deur. 3 Versprei die mengsel eweredig in die pan en bak 25 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat staan 10 min. in die pan voor jy dit op ’n draadrak uitkeer om verder af te koel.

4 Kersies in stroop

Plaas die suiker en water in ’n middelslag­kastrol en roer oor matige hitte tot die suiker gesmelt het. Bring tot kookpunt en laat kook 10 min. oop en sonder om te roer of tot ’n karamelkle­ur. 5 Verhit intussen die wyn en kaneelstok­kie in ’n kastrol oor matige hitte. Verwyder die karamel van die hitte en voeg die warm wyn versigtig by. Plaas terug op die warm plaat en roer tot die mengsel glad is. Bring tot kookpunt en kook oop vir 5 min. of tot die mengsel met omtrent 250 ml (1 k) afgekook het. Gooi die kaneelstok­kie weg. 6 Voeg die kersies en likeur by en roer tot deurwarm. Skep die mengsel in ’n hittebesta­nde houer en plaas in die yskas tot jy dit wil gebruik. 7 Mascarpone-room

Plaas die eierwitte en die helfte van die suiker in ’n middelslag­mengbak en klits met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Klits die eiergele, die res van die suiker, die mascarpone en die lemoenskil in ’n skoon mengbak. Vou die eierwitte liggies by die mascarpone-mengsel in.

8 Maak die koekstruif só klaar: Breek die sponskoek in kleinerige stukke. Pak die helfte van die koek op die bodem van ’n groot koekstruif­bak. Skep die helfte van die kersies en stroop oor, gevolg deur die helfte van die mascarpone­room. Herhaal met ’n tweede laag bestanddel­e. Bedek die bak en plaas in die yskas. 9 Vir voorsit Rond dit af met die vars kersies en sjokolades­kerwe net voor jy dit voorsit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa