Huisgenoot

Nuwe musiek

Twee sangers het onlangs lof ontvang in die bedryf – ons vertel hoekom en gesels met hulle

- Deur ELRI BOUCHER

’N WENNER – JA, SELFS IN PLAKKIES!

Hy staan liefderik as “Plakkies” bekend onder sy aanhangers – ’n naam wat die sanger Chris Steyn (19) gekry het danksy die oopgeknoop­te hemde, jeans en plakkies waarmee hy week ná week op die verhoog verskyn het.

Maar ná dese kan jy Chris sommer op sy nuwe titel noem: die wenner van die TV-program Die kontrak.

Chris, sy informele uitrusting­s ten spyt, het die beoordelaa­rs van die gewilde kompetisie­reeks keer op keer met sy sangtalent verras.

Hy is aan die einde van November by Afrikaans Is Groot se openingsko­nsert as die wenner van die derde seisoen van dié kompetisie­reeks aangewys.

Juigkrete het deur die gehoor weergalm toe Chris se naam as die wenner uitgeroep is. Sy mentor in die program, die sangeres Demi Lee Moore, het skoon begin huil. Demi Lee was die wenner van Die kontrak se eerste seisoen.

Aanhangers was verheug toe Chris direk ná die aankondigi­ng sy debuutenke­lsnit, “Helemal”, bekendmaak – en dit sommer uitvoer.

“Ek het gesukkel om die trane weg te hou toe ek hoor ek wen,” vertel Chris aan Huisgenoot. “Dit voel onwerklik. My lewe het in die afgelope agt maande onherroepl­ik verander.”

Chris, ’n student van Stellenbos­ch, wou aanvanklik nie vir die kompetisie­reeks inskryf nie. Sy woonstelma­at het hom egter een aand oorreed om tog maar ’n video van hom op te neem waar hy sing en die kitaar tokkel.

Sy woonstelma­at het die video sonder Chris se wete ingeskryf – en nou is hy nie net die wenner van Die kontrak nie, hy het ook ’n platekontr­ak ter waarde van R1 miljoen by Coleske Artist Management losgeslaan.

“Ek sien baie uit na my toekoms as sanger, en ek wil graag meer by liedjieskr­yf betrokke raak,” sê Chris.

En, hoe voel Demi Lee?

Trots, sê sy.

“Ek kon amper nie asemhaal toe ons vir die aankondigi­ng gewag het nie,” vertel sy ons. “Ek het in daardie oomblik terugflits­e gehad van die keer toe ek op dieselfde plek as Chris gestaan en wag het om te hoor of my drome waar gaan word.”

En nou hét dit vir Chris gebeur.

 ?? ?? Demi Lee Moore en Chris Steyn stap ’n lang pad saam sedert hy vanjaar aan Die kontrak deelgeneem het.
Demi Lee Moore en Chris Steyn stap ’n lang pad saam sedert hy vanjaar aan Die kontrak deelgeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa