Huisgenoot

SY TROOSWOORD­E, MY REFREIN

-

Maak nie saak hóé sterk die stormwinde waai nie, sy trooswoord­e bly altyd dieselfde: Alles gaan oukei wees.

Sy het dit aanvanklik nooit heeltemal verstaan nie, sê die sangeres Karlien van Jaarsveld oor haar man, die oudrugbysp­eler Joe Breytenbac­h.

Maar nou weet sy hoe spesiaal dit is – en daarom is haar jongste liedjie, “Als is okay”, spesiaal aan hom opgedra.

“Ek het die liedjie geskryf vir my man omdat hy altyd, selfs deur die moeilikste tye, sal sê: ‘Als gaan oukei wees,’ ” vertel sy.

“Dit was aanvanklik baie frustreren­d, veral aan die begin toe ons nie seker was of ons dogter, Elah (wat aan ’n bloedklont­siekte ly), sou leef nie. Maar hoe langer ek die pad saam met Joe gestap het, hoe meer het ek besef dat om oukei te wees nie noodwendig beteken iets moet uitwerk soos jy wil hê dit moet nie.”

Nee, dis juis dan wanneer ’n mens groei. “Dit beteken om ook oukei te wees as dinge nié uitwerk soos jy dit wil hê nie, want dit beteken jy groei. Dit leer jou om op ander maniere na dinge te kyk en daaroor na te dink. Joe se ma is oorlede toe hy nege maande oud was, en ek dink daai pad het hom iemand gemaak wat ek al in min mense gesien het.”

Dit het vir haar ’n soort mantra geword wat sy nou met ander wil deel; daarom het sy y die liedjie geskryf.

Karlien toer nie soos baie ander oor Desember nie, maar ar verkies om tyd saam met haar ar geliefdes deur te bring.

Sy is wel op 30 en 31 Desemmber by die Groot Jol-vertonings ngs op Hartenbos en Stilbaai.

Sy beoog om in 2024 ’n nuwe album uit te reik. “Ek het ’n paar liedjies wat ek wil deel,” sê sy. Die eerste is ’n duet saam met Joshua na die Reën wat in Februarie die lig sien.

 ?? ?? Karlien van Jaarsveld glo haar nuwe enkelsnit en die boodskap daarvan sal haar aanhangers se hartsnare roer.
Karlien van Jaarsveld glo haar nuwe enkelsnit en die boodskap daarvan sal haar aanhangers se hartsnare roer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa