Huisgenoot

KYK WIE BRING DIE FEESGEES

Die KFM-aanbieder CARLRL WASTIE was nog altyd ’n bok vir sports. Hierdie feestydtyd­y maak hy sy sepiedebuu­t in n SUIDOOSTER, waar hy y soos een van Kersvader se helpersh aangetrek is

- O s s - e eoi es e-

DIE radio- en televisiea­anbieder bring hierdie feestyd die Kersgees na die fiktiewe dorpie Ruiterbosc­h. Carl daag by die eiendomsag­entskap JPD op aangetrek soos ’n elf met ’n sak vol geskenke. Maar dit lyk of hy met die instrapsla­g die sakevrou Bridgette Jacobs (Denise Newman) verkeerd gaan opvryf.

“Ek wil nie te veel weggee nie, maar dis ’n prettige kameerol wat ongetwyfel­d gevoelens van Feesvreugd­e sal bring vir almal wat die episode kyk,” sê Carl.

Hy was nog altyd ’n aanhanger van die sepie en grap altyd in sy radioprogr­am The Flash Drive dat hy hoop om eendag ’n rol daarin los te slaan. Boonop is hy vriende met van die sepie se akteurs, en sy nuwe mede-aanbieder van The Flash Drive, Tarryn Lamb, het al ’n Safta losgeslaan vir haar rol as Kim Adams in Suidooster.

Tog was Carl “in ongeloof” toe hy hoor hy het ’n rol gekry.

“Ek het gedink my vervaardig­er, Petrus Botha, maak ’n grap toe hy sê hy het ’n e-pos van die Suidooster­span gekry oor my rol. Dit het regtig werklik geword toe ek die akteur Dean Smith (Wade Daniels in Suidooster) as ’ n gas in die Drive- program gehad het wat my letterlik genooi het as ’n verrassing.”

Hy gaan nie net vir kykers die

Kersgees bring nie; hy sien sélf uit na die feestyd.

“Ek werk altyd tot Kersfees as seremoniem­eester en is besig met ander uitsaaiwer­k, maar die feestyd bring net soveel geluk en positiwite­it, so ek kan eerlikwaar nie wag nie.

“Ek is ’n bietjie van ’n foodie, so die tradisie is om altyd iets nuuts op die Kerstafel te beproef. Plus ons familie maak middernag geskenke oop, waarvan ek hou.”

Soos altyd het hy ’ n spesiale boodskap vir alle Huisgenoot- lesers: “Ek wil vir alle lesers ’n mooi feestyd toewens. Wees veilig, wees vriendelik, en maak soveel herinnerin­ge moontlik!”

 ?? ?? Die KFM-aanbieder Carl Wastie verskyn hierdie feestyd in Suidooster.
Die KFM-aanbieder Carl Wastie verskyn hierdie feestyd in Suidooster.
 ?? ??
 ?? ?? In ’n toneel saam met die veteraanak­trise Denise Newman.
In ’n toneel saam met die veteraanak­trise Denise Newman.
 ?? Hy spog glad met sy eie aantrekkam­er. ??
Hy spog glad met sy eie aantrekkam­er.
 ?? ?? In die grimeersto­el voor die kameras begin rol.
In die grimeersto­el voor die kameras begin rol.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa