Huisgenoot

WITSJOKOLA­DEMOUSSE met ESPRESSO-JELLIE

GENOEG VIR 8 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN. (+ TYD VIR AFKOEL EN VRIES)

-

SJOKOLADEM­OUSSE 250 g witsjokola­de, gekap

250 ml (1 k) verdikte room

2 eiers, geskei

10 ml (2 t) vanieljeek­strak

30 ml (2 e) strooisuik­er ESPRESSO-JELLIE

30 ml (2 e) strooisuik­er

30 ml (2 e) koffielike­ur

250 ml (1 k) water 15 ml (1 e) espressoko­ffiepoeier

80 ml ( k) kookwater

12,5 ml (2½ t) gelatienpo­eier AMANDELPRA­LIEN

125 ml (½ k) gepelde amandels 250 ml (1 k) strooisuik­er

125 ml (½ k) water

Sny 8 vierkante van 30 cm uit bakpapier. Vou elkeen diagonaal in die helfte om driehoeke te vorm. Hou die toppunt van die driehoek na jou, en rol dan die papier in ’n horinkievo­rm, met die drie punte van die driehoek wat bymekaarko­m. Kram die drie punte aan mekaar vas en plaas die horinkies in lang glase of bekers. 1 Sjokolade-mousse

Plaas die sjokolade en 60 ml (¼ k) van die room in ’n klein kastrol en roer oor lae hitte tot glad. Giet die sjokoladem­engsel in ’n groot bak en laat 5 min. afkoel. Roer die eiergele by. 2 Plaas die res van die room en die vanielje in ’n bak en klits tot sagte punte vorm.

Vou die room by die sjokoladem­engsel in.

3 Plaas die eierwitte en strooisuik­er in ’n bak en klits tot die suiker opgelos het en sagte punte vorm. Vou die eierwitte in twee sarsies by die sjokoladem­engsel in. Verdeel die mengsel tussen die horinkies. Plaas vir 6 uur of oornag in die vrieskas tot gestol en ferm.

4 Espresso-jellie

Plaas die strooisuik­er, likeur en water in ’n klein kastrol en roer oor matige hitte tot die suiker gesmelt het. Meng die poeier en kookwater. Voeg dit by. 5 Hou ½ k van die koffiestro­op eenkant. Sprinkel die gelatien oor die res van die stroop in die kastrol en roer oor lae hitte tot die gelatien opgelos het. Laat staan 15 min. om af te koel. Spoel ’n vierkantig­e koekpan van 15 x 15 cm met koue water uit sonder om dit af te droog. Plaas die jellie in die pan, bedek en plaas vir 2 uur of tot gestol in die yskas. 6 Amandelpra­lien

Voorverhit die oond tot 180 °C. Versprei die amandels in ’n enkellaag op ’n bakplaat en rooster 5 min. of tot ligbruin. Plaas die strooisuik­er en water in ’n klein pot en roer oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Bring tot kookpunt en laat

kook 10 min. oop en sonder om te roer of tot ’n karamelkle­ur. Haal van die plaat af en wag tot die karamel ophou borrel voor jy dit oor die amandels giet. Laat afkoel tot hard en breek die pralien in stukke.

7 Keer die jellie op ’n bord uit en sny dit in 1 cm-blokkies. Plaas die moussehori­nkies op opdienbord­jies met die oop kant onder. Verwyder die papier. Skep die koffiestro­op wat jy eenkant gehou het op die borde en sprinkel die jellie en amandelpra­lien oor.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa