Huisgenoot

HOE BESKERM EK MYSELF?

-

■ Moenie iets op jou foon, tablet of skootreken­aar bêre wat jy nie wil hê daardie persoon moet sien nie. Skep ’n private e-posadres.

■ Soek hulp by ’n vertroueli­ng of organisasi­e soos LawForAll (0861-00-22-86); of die gesinsgewe­ldhulplyn (0800-150-150). ’n Vertroueli­ng kan jou vir ’n rukkie blyplek gee tot jy weer op jou voete is. Hulporgani­sasies kan jou sielkundig­e en regsadvies gee.

■ Maak jou eie bankrekeni­ng oop. Hou hierdie rekening privaat en spaar bietjies-bietjies. As die ander persoon jou kredietkaa­rtbesonder­hede ken, kan jy oorweeg om hierdie kaart te blok, die beskikbare krediet te beperk of die rekening te sluit. Só kan jy verhoed dat die persoon jou in die skuld dompel.

■ Ken jou finansiële werklikhei­d. Gaan jou kredietrek­ord na vir lenings en rekeninge wat onder jou naam gelys is. Vind uit hoeveel geld in jou naam in spaarreken­inge of beleggings is. Maak ’n lys van gereelde uitgawes soos huur, vervoer, kos en skoolgeld om vas te stel wat jou lewenskost­es is.

■ Leer nuwe vaardighed­e aan of probeer werk kry. ’n Werk en eie inkomste is noodsaakli­k om finansieel onafhankli­k te word. Daar is aanlyn kursusse op die internet as jy nie self ’n klas vir ’n nuwe vaardighei­d kan bywoon nie.

■ Bêre belangrike dokumente op ’n veilige plek. As jy nie die oorspronkl­ike dokumente kan vat nie, of twyfel of jy later aanlyn toegang daartoe kan kry, maak kopieë of berg dit digitaal met wagwoorde.

Belangrike finansiële inligting is betaalstro­kies of ander inkomstere­kords, bankstate, belastingo­pgawes, huurooreen­komste, huislening­state en titelaktes. Ook dokumente wat verband hou met bates soos jou motor, beleggings en versekerin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa