Huisgenoot

MARIUS WEYERS Deur CHRIS VORSTER Protea, R339*

-

“As jy ’n loopbaan uit die teater wil maak, moet jy sy storie ken. Elke jong akteur in dié land behoort hom te bestudeer.” – Mannie Manim

“Ek kan in alle eerlikheid sê Marius is die mees toegewyde en hardwerken­de speler met wie ek ooit saamgewerk het. Konsekwent, mét ’n humorsin.” – Katinka Heyns

“As jong akteurs was ons opgewonde om deur hom geregissee­r te word. Dit was ’n eer. Marius het iets ongeloofli­ks gedoen – hy het die ys gebreek. Hy het die skuurdeure oopgebreek wat toe was vir ons swart akteurs.” – Nomsa Nene

“Hy kom uit ’n generasie – anders as vandag se akteurs wat alles op sosiale media deel – wat misterieus is.” – Anna-Mart van der Merwe

Dis net enkele van die mooi dinge wat Marius Weyers se kollegas oor hom sê. Die akteur en skrywer Chris Vorster begin sy lywige biografie met hoe wonderlik Marius is. Hier verwys hy nie na sy roemryke toneelloop­baan nie, maar na hoe Marius sy belofte aan sy vrou, Evette, “in sickness and health” nagekom het. “Evette is vroeg in 2019 met alzheimers­iekte gediagnose­er en sedertdien koester Marius haar – wat hom glad nie meer herken nie – met ’n onselfsugt­ige liefde. Met tere geduld versorg hy die liefde van sy lewe dag in en dag uit. ‘Daar is nog ’n wese hier. Daar is nog ’n siel hier. Al is dit moeilik, ek sal regkom.’ ” Sy is in Julie vanjaar dood.

Die biografie lees maklik en vloeiend. Chris deel Marius se lewe in bedrywe op. So vertel hy wat gebeur het toe hy in die 1980’s Hollywood toe is. Die akteur het harde lesse geleer: “Hollywood val nie op sy rug wanneer jy daar instap nie.”

Ook: “Die Amerikaner­s se onbuigbare geloof in hulself. Ek het die eerste paar weke daar besef my Suid-Afrikaanse beskeidenh­eid sal ek in my sak moet druk.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa