Huisgenoot

DRIELAAGJO­GURTTERT met BESSIES

-

LEWER 1 MIDDELSLAG­TERT / BEREIDING: 30 MIN. VERKOEL: 1 UUR 30 MIN. / STOL: 4-6 UUR / OORNAG KORS

200 g vesel- of Tennisbesk­uitjies, fyngedruk

100 g botter of margarien, gesmelt 15 ml (1 e) ligbruinsu­iker (opsioneel)

LAAG 1

250 ml (1 k) dubbelroom- natuurlike jogurt

30-45 ml (2-3 e) aarbeikonf­yt 250 ml (1 k) vars of bevrore bloubessie­s 10 g gelatien, gespons in 30 ml (2 e) water

LAAG 2

250 ml (1 k) dubbelroom- natuurlike jogurt

45 ml (3 e) aarbeikonf­yt

250 ml (1 k) vars of bevrore frambose of aarbeie

10 g gelatien, gespons in 30 ml (2 e) water

LAAG 3

1 x 80 g-sakkie kersiejell­iepoeier 125 ml (½ k) kookwater

125 ml (½ k) koue water

AFRONDING

vars bessies

Voer ’n 20 cm- ronde losboomkoe­kpan met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

1 Kors Meng die koekiekrum­mels, botter of margarien en suiker goed. Versprei die mengsel eweredig op die bodem van die pan en druk stewig vas. Verkoel tot nodig.

2 Laag 1 Plaas die jogurt, konfyt en bloubessie­s in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot glad en goed gemeng. 3 Verhit die gelatien 10-15 sek. in die mikrogolfo­ond of tot net gesmelt. Voeg by die jogurtmeng­sel en pols tot goed gemeng.

4 Skep die mengsel bo-op die kors, versprei eweredig en verkoel minstens 30 min. in die yskas.

5 Laag 2 Herhaal stap 2 en 3 met die bestanddel­e vir dié laag. Skep die mengsel versigtig bo-op die eerste laag en versprei liggies. Verkoel minstens 1 uur in die yskas.

6 Laag 3 Los die jelliepoei­er in die kookwater op. Voeg die koue water by en meng goed. Giet die jellie bo-op die laaste jogurtlaag en verkoel nog 4-6 uur of oornag in die yskas of tot heeltemal gestol. Die tert kan tot ’n week lank in die yskas gebêre word.

7 Afronding Verwyder die ring versigtig en plaas die tert op ’n opdienbord. Rond af met die bessies soos verkies. Sny in porsies en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa