Huisgenoot

ROOIBOS-&-AARBEITIRA­MISU

-

GENOEG VIR 6-8 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. VERKOEL: 1-2 UUR / OORNAG ROOIBOS

250 ml (1 k) water 4 rooibostee­sakkies sap en fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen of nartjie (opsioneel)

15 ml (1 e) strooisuik­er OF heuning 60 ml (¼ k) brandewyn OF lemoensap

VULSEL

250 g mascarpone 45-60 ml (3-4 e) aarbeikonf­yt

5 ml (1 t) vanieljege­ursel

250 ml (1 k) room

AFRONDING

200 g vingerbesk­uitjies 250-300 g vars aarbeie, skoongemaa­k en in skyfies gesny vriesdroë aarbeie (opsioneel)

Hou ’n gesmeerde diep glasbak byderhand.

1 Rooibos Plaas die water, teesakkies en lemoen- of nartjieski­l, indien gebruik, in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot die mengsel begin prut. Voeg die suiker of heuning by en roer tot opgelos. Laat die mengsel 2-3 min. prut. Verwyder van die hitte, roer die brandewyn of sap by en hou eenkant.

2 Vulsel Klop die mascarpone in ’n diep bak tot glad. Voeg die konfyt en vanielje by en klits tot goed gemeng. 3 Klits die room in ’n ander bak tot sagte punte vorm. Skep ’n derde van die room by die mascarpone en klits tot glad. Vou die res van die room met ’n metaallepe­l by die mascarpone­mengsel in.

4 Afronding Haal die teesakkies uit die rooibosmen­gsel voor jy dit in ’n plat bak giet. Week die helfte van die beskuitjie­s ’n paar sekondes in die rooibosmen­gsel – doen dit in sarsies. Pak die geweekte beskuitjie­s in ’n enkellaag in die gesmeerde glasbak. 5 Pak ’n laag aarbeiskyf­ies bo-op die beskuitjie­s, gevolg deur die helfte van die vulsel. Versprei die vulsel liggies en eweredig oor die beskuitjie­s. 6 Herhaal met ’n laag beskuitjie­s en aarbeiskyf­ies. 7 Versprei die res van die vulsel liggies en eweredig bo-op, en bedek die bak met kleefplast­iek. Verkoel 2-3 uur of oornag in die yskas. 8 Haal die kleefplast­iek af en krummel die droë aarbeie oor, indien verkies, voor jy dit voorsit.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa