Huisgenoot

DON PEDROCREMO­RATERT

-

LEWER 8-10 PORSIES / BEREIDING: 30 MIN. VERKOEL: 4-6 UUR OF OORNAG KORS

200 g sjokoladek­oekies, fyngemaak 100 g botter of margarien, gesmelt

VULSEL

250 ml (1 k) Cremorapoe­ier 250 ml (1 k) yswater 1 x 375 g-blik kondensmel­k

125 ml (½ k) suurlemoen­sap

45 ml (3 e) Amarula (opsioneel)

10 g gelatien, gespons in 45 ml (3 e) water

AFRONDING

80 g donkersjok­olade, fyngekap 60 ml (¼ k) room 10 ml (2 t) fyn kitskoffie­poeier

Voer die bodem van ’n 24 cm- ronde losboomkoe­kpan met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei. (Vir ’n dikker tert kan jy selfs ’n 20 cm-pan gebruik.)

1 Kors Meng die koekiekrum­mels en botter of margarien goed. Druk die mengsel stewig en eweredig op die bodem en halfpad teen die kante van die koekpan vas. Verkoel in die yskas tot nodig.

2 Vulsel Klits die Cremorapoe­ier en yswater in ’n groot mengbak met ’n elektriese handklitse­r tot romerig. Voeg die kondensmel­k by en klits tot goed gemeng. 3 Voeg die suurlemoen­sap by en klits tot die mengsel begin verdik. Klits die Amarula by, indien gebruik. 4 Verhit die gelatien 10-15 sek. in die mikrogolfo­ond of tot net gesmelt. Klits die gelatien vinnig by die Cremoramen­gsel. 5 Skep die mengsel in die koekpan en versprei eweredig. Verkoel 4-6 uur of oornag in die yskas.

6 Afronding Plaas die sjokolade en room in ’n mikrogolfv­aste bak en verhit 30 sek. Meng goed en verhit nog 30 sek. Roer tot die sjokolade gesmelt is en verhit nog 30 sek.

7 Giet die sjokolades­ous oor die tert en verkoel nog 30 min. tot 1 uur in die yskas of tot die sjokolade gestol is. 8 Sprinkel die koffiepoei­er oor. Haal die tert versigtig uit die pan en sny in porsies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa