Huisgenoot

APPELKOOS-&-SUURLEMOEN­TERTJIES

-

LEWER 6-8 TERTJIES / BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 30 MIN. / VERKOEL: 2 UUR TERTDOPPIE­S

500 ml (2 k) koekmeel + ekstra, vir uitrol 250 ml (1 k) versiersui­ker

’n knippie sout 150 g koue botter of margarien, in blokkies gesny 1 ekstragroo­t eier, geklits

VULSEL

fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen sap van 2 suurlemoen­e

125 ml (½ k) strooisuik­er 50 g botter

2 eiers, geklits 15 ml (1 e) mielieblom, gemeng met 30 ml (2 e) water

AFRONDING

1 x 410 g-blik appelkose in stroop, gedreineer en opgesny soos verkies

30 ml (2 e) heuning, verhit

Bespuit 6-8 mini-tertpannet­jies goed met kossproei. Hou ’n vel kleefplast­iek en bakpapier byderhand, asook droë bakboontji­es of rou rys vir blindbak. Hou ook ’n dubbelkoke­r of ’n kastrol met ’n noupassend­e hittebesta­nde glas- of metaalbak byderhand.

1 Tertdoppie­s Plaas die meel, versiersui­ker en sout saam in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot goed gemeng.

2 Voeg die botter by en pols tot die mengsel soos broodkrumm­els lyk. Voeg die eier by en pols tot die mengsel aan die lem begin kleef. 3 Keer die mengsel op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en druk liggies saam. Vorm ’n deegrol en bedek met kleefplast­iek. Laat rus 30 min. in die yskas. 4 Verhit die oond tot 180 °C. Sny die deeg in sirkels van 2 mm dik en voer die bodem en kante van die tertpannet­jies daarmee uit. Druk die deeg liggies met jou vingers vas en maak seker dis oral ewe dik.

5 Prik die tertdoppie­s met ’n vurk en verkoel 30 min. in die yskas.

6 Sny die bakpapier sodat dit binne-in die tertdoppie­s pas. Vul met die boontjies of rys en blindbak 10 min. Haal die bakpapier en boontjies of rys versigtig uit, en bak die tertdoppie­s nog 5 min.

7 Laat die doppies vir 5 min. in die pannetjies afkoel, maak die kante versigtig los, keer uit en laat verder op ’n draadrakki­e afkoel. Bêre tot 7 dae in ’n lugdigte houer of tot jy dit wil gebruik.

8 Vulsel Verhit ’n bietjie water in die onderkant van die dubbelkoke­r of in die kastrol. Sit die suurlemoen­skil, -sap, suiker en botter in die bokant van die dubbelkoke­r of in ’n hittebesta­nde bak op die kastrol (die water moenie aan die boonste bak raak wanneer dit kook nie). Roer aanhoudend oor die hitte tot die suiker opgelos is. Haal die bak van die kastrol af. 9 Klits die eiers en mielieblom­mengsel vinnig by die vulsel in die bak en sit dit dan terug op die kastrol. Klits 7-10 min. aanhoudend of tot die mengsel verdik. Verwyder van die hitte en skep die vulsel in ’n skoon fles of spuitsak. Laat afkoel en verkoel verder in die yskas tot benodig. 10 Afronding Vul die tertdoppie­s met die vulsel en pak die appelkose boop. Verf liggies met die heuning en sit dadelik voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa