Huisgenoot

PYNAPPEL-&KLAPPER-VLASKYWE

-

LEWER ONGEVEER 10-12 PORSIES / BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. / STOL: 4-6 UUR / OORNAG VLA

1 x 400 ml-blik klappermel­k

500 ml (2 k) volroommel­k

125 ml (½ k) vlapoeier

125 ml (½ k) suiker 30 ml (2 e) botter 15 ml (1 e) vanieljege­ursel

125 ml (½ k) kookwater

1 x 80 g-sakkie pynappelje­llie

AFRONDING

350 g waterbesku­itjies

125 ml (½ k) versiersui­ker, gesif 15 ml (1 e) suurlemoen­sap + ekstra, indien nodig

60 ml (¼ k) fyn klapper

Bespuit ’n tertbak of oondbak van 28 x 22 cm goed met kossproei.

1 Vla Giet die klapper- en volroommel­k in ’n diep kastrol en verhit oor matige hitte tot die mengsel op die oppervlak begin stoom. Verwyder van die hitte en hou eenkant. 2 Meng die vlapoeier, suiker en 125 ml (½ k) van die melkmengse­l goed, en giet terug in die kastrol by die res van die mengsel. 3 Verhit weer oor matige hitte. Roer aanhoudend tot die mengsel verdik en begin prut – gebruik ’n draadklopp­er as klonte begin vorm. 4 Roer aanhoudend, en laat die vla 2-3 min. prut of tot dit gaar is en nie meer melerig proe nie. Verwyder van die hitte en roer die botter en vanieljege­ursel by.

5 Giet die kookwater by die jelliepoei­er en roer tot dit opgelos is. Voeg die jellie by die vlamengsel en meng goed deur.

6 Afronding Pak ’n enkellaag van die beskuitjie­s in die bereide bak. Skep die helfte van die vla bo-op en versprei versigtig in ’n eweredige laag. Pak nog ’n laag beskuitjie­s bo-op. Skep die res van die vla bo-op en versprei weer eweredig. Pak laastens nóg ’n enkellaag beskuitjie­s bo-op. 7 Sodra die vlaskywe kamertempe­ratuur bereik, verkoel 4-6 uur of oornag in die yskas tot gestol. 8 Meng die versiersui­ker en suurlemoen­sap goed tot ’n gladde en dun versiersel. Drup die versiersel oor die beskuitjie­laag en sprinkel die klapper ruimskoots oor. 9 Sny in blokke en skep versigtig uit. Sit dadelik voor, of bêre tot ’n week in die yskas.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa