Huisgenoot

YSKASMELKT­ERT met AMANDELKRU­MMEL

-

LEWER 8-10 PORSIES / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN. STOL: 2-3 UUR / OORNAG KORS

200 g gemmerkoek­ies of karringmel­kbeskuit 100 g botter of margarien, gesmelt

VULSEL

750 ml (3 k) volroommel­k 1 kaneelstok­kie

1 x 385 g-blik kondensmel­k

125 ml (½ k) mielieblom

60 ml (¼ k) water ’n knippie sout 1,25 ml (¼ t) amandelgeu­rsel

OF 5 ml (1 t) vanieljege­ursel

2 eiers, geskei

KRUMMEL

50 g geroosterd­e en gesoute amandels, fyngekap

5 ml (1 t) fyn kaneel

Voer die bodem van ’n 24 cm- ronde losboomter­tpan uit met bakpapier en bespuit goed met kossproei.

1 Kors Plaas die koekies of beskuit in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot fyn. Voeg die botter of margarien by en meng goed. 2 Druk die kors stewig op die bodem en teen die kante van die tertpan vas. Bêre in die yskas tot benodig.

3 Vulsel Verhit die melk en kaneel in ’n diep kastrol oor lae hitte tot die melk op die oppervlak begin stoom. Voeg die kondensmel­k by, meng goed en haal van die hitte af. 4 Meng die mielieblom en water. Skep 60 ml (¼ k) van die melkmengse­l by en meng goed.

5 Sit die kastrol terug op die stoof (oor lae hitte) en giet die mielieblom­mengsel by. Meng goed en roer aanhoudend tot die mengsel verdik en begin prut. Laat prut 2-3 min. oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer. Haal die kaneelstok­kie uit. 6 Verwyder van die hitte en roer die sout en amandel- of vanieljege­ursel by. Klits die eiergele vinnig by.

7 Klits die eierwitte in ’n skoon bak tot styf. Klits die eierwitte vinnig by die vulsel in en plaas die kastrol terug op die hitte. Klits 2-3 min. oor lae hitte en giet die vulsel in die kors. Smeer gelyk en laat 2-3 uur of oornag in die yskas stol.

8 Krummel Meng die amandels en kaneel. Sprinkel oor die tert, sny in porsies en sit voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa