Huisgenoot

’n Jaar van treffers!

Hier is van die internasio­nale en plaaslike musiek wat ons vanjaar laat aanhou sing het, en ook dié wat die rekords laat spat het

- Deur ELRI BOUCHER VERMAAK

Ons het gehuil, gelag en gedans – en deur alles bly luister na die wonderlike musiek wat die afgelope jaar opgelewer het.

Rekords het gespat, kunstenaar­s het gekook, en ons was deur álles ’n gewillige gehoor, want hoe dan anders?

Nou kyk ons terug na die sangers en hul liedjies wat ons vanjaar bekoor het.

TAYLOR SWIFT LAAT DIE REKORDS SPAT

Daar is wraggies g’n keer aan Taylor nie. Vroeër die jaar is dit amptelik bekendgema­ak dat haar musiek in 2023 meer as dié van enige ander sanger aanlyn geluister is – net op Spotify is haar musiek meer as 26 miljoen keer gestroom.

Haar album Midnights het ook amptelik van haar ’n miljardêr gemaak, en haar The Eras-wêreldtoer – Taylor se sesde musiektoer wat oor vyf vastelande strek en steeds nie ten einde geloop het nie – is heeltemal uitverkoop.

Nou is die popster ook die eerste sangeres in meer as ’n dekade wat Spotify se topposisie vir die jaar beklee; ; die laaste

keer was in 2012 toe Rihanna dit reggekry het.

“Kan dit waar wees?” skryf sy op Instagram oor die nuus. “Dankie aan elke liewe mens oor die aarde wat vanjaar na my musiek geluister het. Om dié titel te kry is die beste Kersgesken­k waarvoor ek ooit kon vra. Ek het vanjaar die wonderliks­te tye en soveel pret gehad – en nou dié.”

Midnights vertel die stories van 13 slapelose nagte in haar lewe.

Van dié album is die liedjies “AntiHero”, “Lavender Haze” en “Snow on the Beach” onder die gewildstes.

Dis nie al nie: Vroeër vanjaar het Taylor nóg ’n rekord gebreek toe sy die eerste sangeres geword het wat al die top-10plekke op die Billboard Hot 100-trefferlys beklee het.

O, en sy het ook met die liefde gewen. Taylor en die Amerikaans­e voetbalste­r Travis Kelce het hul verhouding eers probeer stil hou, maar deesdae flirt hulle te lekker in die openbaar – selfs op die verhoog!

WAT HOU 2024 VIR HAAR IN?

Wel, die Eras-toer word voortgesit, sê Taylor, en sy sal nog tot in die winter volgende jaar toer.

En daarna kom nóg musiek – die liefde bly mos maar die grootste inspirasie . . .

 ?? ?? MUSIEK
L
LINKS en BO: Dit was ’n jaar vol hoogtepunt­e vir Taylor T Swift.
MUSIEK L LINKS en BO: Dit was ’n jaar vol hoogtepunt­e vir Taylor T Swift.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa