Huisgenoot

HU ULLE IS VERLOOF!

-

ADRIAN STEYN

Die voormalige Getroud met rugby- akteur het vroeër vanjaar sy jarelange meisie, Ancke Gericke, met sonsopkoms op Jongensfon­tein se strand die jawoord gevra.

LECHÉ JOUBERT

Die Vergeet my

nie- aktrise en haar kêrel, Jason Schroder, is verlief en verloof. Hy het haar by ’n boekwinkel in Pretoria, The Book Keeper Shop, gevra om te trou.

MANIE LIBBOK

Die Bok het in Julie verloof geraak aan die onderwyser­es Verna-lee Arries. Hy het haar gevra om sy vrou te wees by die Klein Roosboom Boutique Winery in Durbanvill­e.

DAMIAN ENGELBRECH­T

Die voormalige

Boer soek ’n vroudeelne­mer het eindelik die perfekte pasmaat gevind. ’n Dag ná sy verjaardag in Oktober het Damian se kêrel, Jean Visser, op die Hazendal-landgoed naby Stellenbos­ch die jawoord gevra. Damian en Jean ken mekaar al 12 jaar.

CHAD SAAIMAN

Die Kaapse sanger en omroeper en sy meisie, Savannah Smith, se paaie het in 2017 gekruis. Ná ’n verhouding van vier jaar het hy haar vanjaar in hul gunsteling­restaurant gevra om te trou.

FLORINDA HEARN

Nadat die liefde tussen Florinda en Neels van Jaarsveld ná

Op my eish! opgedroog het, het sy geluk gevind in die arms van Armandt Grobler. Hulle is nou op pad kansel toe.

MARCO MA SPAUMER

Die Suidooster­akteur het in Julie verloof geraak aan sy jarelange kêrel, die radio- en televisie aanbieder Danilo Acquisto. Marco het die groot vraag gevra gedurende ’n wegbreek.

ERIK HOLM

Die Binnelande­rsakteur het sy kunstenaar-meisie, Colleen JuryZeffer­tt, gevra om te trou. Dit het met hul vakansie in Zanzibar gebeur. Die liefde het laat in 2019 begin blom toe sy ’n huurder van ’n woonstel op Erik se werf geword het.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa