Huisgenoot

‘HITTE LEI TOT IRRITASIE IN MENS EN DIER, EN DIT LEI TOT AGGRESSIE TEENOOR MEKAAR’

-

TURBULENSI­E NEEM TOE

Aardverhit­ting lei tot meer turbulensi­e op vliegtuie soos lugstrome verskuif. Op ’n sonnige dag kan wind baie sterker word en onvoorspel­baar beweeg. Die atmosfeer word warmer, lug styg en stoot kouer lug weg. Die atmosfeer absorbeer energie, en dit gee weerstoest­ande mag en mening. Dit kan ’n vliegtuig lelik rondpluk.

SLAPELOSE NAGTE

’n Studie wat in Mei vanjaar gepublisee­r is, wys dat mense 44 uur se slaap verloor as gevolg van warm aande wat met ’n warmer Aarde gepaard gaan. Daar word voorspel teen die jaar 2100 sal dit selfs meer, moontlik 58 uur wees. Mense gaan slaap later in die aand en skrik dan in die oggend vroeër wakker in die warmte.

MEER HONDEBYTE

Studies wys diere raak meer aggressief as dit warmer is en byt dan mense. Mense is ook geneig om honde slegter te behandel in die hitte.

ALLERGIEË WORD ERGER

Met warmer temperatur­e word die lenteseiso­en langer. As gevolg daarvan word daar meer stuifmeel in die lug vrygestel. Hierdie plantpoeie­r maak die lewe moeilik vir mense met hooikoors. Plante word ál groter en daar word sodoende meer stuifmeel per blom geprodusee­r, en meer stuifmeel in die lug irriteer jou sinusse.

BOME GROEI VINNIGER

Verhoogde koolstofdi­oksiedvlak­ke het bome in SentraalEu­ropa vinniger laat groei. Koolstofdi­oksied is deel van die fotosintes­eproses – waardeur plante ligenergie gebruik om suiker en suurstof te produseer. Hierdie suiker kan dan in die proses van asemhaling met suurstof gekombinee­r word om energie vir groei vry te stel.

MEER WEERLIG

Aardverhit­ting kan die weerligpat­rone oor die wêreld verander. En meer weerlig kan lei tot meer veldbrande. Met elke 1˚C wat die Aarde warmer word, word voorspel dat weerlig 10% meer algemeen sal voorkom. Teen die einde van die eeu sal daar 40% meer weerlig wees en daarmee saam die moontlikhe­id van veldbrande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa