Huisgenoot

28 DESEMBER 1978 – SPANJE WORD ’N DEMOKRASIE

-

’n Land kan op verskeie maniere bestuur word. Spanje was ’n lang tyd onder die leiding van ’n man met die naam Francisco Franco. Franco was ’n diktator.

Dit beteken hy het al die mag in die land gehad. Hy het al die besluite in die land geneem en niemand kon stem daaroor nie. Hy het die regering, die media en selfs die mense beheer.

Franco is in November 1975 dood, en twee dae later het Juan Carlos I die koning van Spanje geword. Juan Carlos het besluit om ’n hele verskeiden­heid veranderin­ge te maak aan hoe dinge in Spanje werk.

Mense wou hê dat almal ’n sê moes kry oor hoe dinge bestuur word, soortgelyk aan almal in ’n klas wat stem oor watter speletjie om te speel. Hulle het saamgewerk en gepraat oor hoe om vir Spanje ’n nuwe pad vorentoe te vind wat regverdig is en almal ’n sê laat hê.

Hulle het besluit om die oorgang tot ’n demokrasie te maak. Hulle het verander van ’n stelsel met net een mens aan die stuur na een waar almal l l ’ ’n sê êh het ti in h hoe di die ld land bestuur word.

Dis dieselfde as wat in 1994 in Suid-Afrika gebeur het. Die Spanjaarde het ’n grondwet geskryf wat bepaal wat die leiers van die land mag en nie mag doen nie. Op 28 Desember 1978 het Spanje amptelik ’n demokratie­se land geword.

Spanje is vandag ’n “demokratie­se k konstitusi­onele nstit ion lemonargi monargie”. ” Juan Carlos se seun, Felipe, is nou die koning, maar die koning is nie die een wat besluite neem nie. Mense kan stem vir verteenwoo­rdigers in die Spaanse parlement. Die grondwet verseker alles is regverdig en die reëls word gevolg.

 ?? ?? Koning Juan Carlos I teken die Spaanse grondwet in 1978.
Koning Juan Carlos I teken die Spaanse grondwet in 1978.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa