Huisgenoot

BOOGSKUTTE­R

(23 Nov. – 21 Des.)

-

LIEFDE EN ROMANSE

Verhouding­s sal vanjaar meestal rustig hul gang gaan, en vir party rustelose Boogskutte­rs kan dit ’n probleem wees. Doen jou bes om nuwe lewe in ’n saai verhouding te blaas. As selfvoldaa­nheid inskop, sal jy gou die hasepad kies. Enkellopen­des kan tot ’n passievoll­e Ram of ’n vrygewige Tweeling aangetrokk­e raak. April en Mei is die beste maande om saam met jou nuwe liefling weg te breek of op reis te gaan wanneer die vurige Venus en Mars die liefdesvla­m hoog laat brand.

GELD EN GELUK

Hokaai by die Nuwejaarsu­itverkopin­gs, veral van 1 tot 4 Januarie. Pasop dat jy nie impulsief groot aankope doen waaroor jy later spyt gaan wees nie. Vroeg in Junie is die ideale tyd vir beleggings, pensioenui­tbetalings en gesamentli­ke geldsake. Van 26 Mei tot 24 November kan jy danksy jou maat of vennoot ’n slag slaan. Augustus en Desember is nie goeie maande vir beleggings of eiendomstr­ansaksies nie, want dan kan die suinige Saturnus winste kleiner en verliese groter maak. Slim Boogskutte­rs sal hul huiswerk doen en geduldig op ’n meer geskikte tyd wag.

LEEFSTYL

Wat is die opwindends­te tyd van die jaar? Teen 20-21 April wanneer jy ’n groot verrassing kry wat met reis, werk, studie of jou gesondheid te doen sal hê. En die moeilikste tyd? Teen 19-20 Augustus wanneer daar spanning tussen die streng Saturnus en jou heersende planeet, Jupiter, is. Jou selfvertro­ue en energievla­kke kan dan boomskraap wees en jy kan veral kwesbaar vir kritiek wees. Probeer jou met positiewe mense omring wat jou aanmoedig om jou talente te benut en jou drome waar te maak.

BEROEMDE BOOGSKUTTE­RS

Taylor Swift, Brad Pitt, Miley Cyrus

LEUSE VIR 2024

“Moet nooit enigeen glo wat jou vertel dat jy nie die dinge verdien wat jy wil hê nie.” – Taylor Swift

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa