Huisgenoot

WATERDRAER

(21 Jan. – 19 Feb.)

-

LIEFDE EN ROMANSE

Die beste tyd vir romanse is van 16 Februarie tot 11 Maart wanneer die liefdespla­neet, Venus, jou teken besoek. As jou maat se gedrag jou dwars in die krop steek, kan dinge tussen 4 en 28 Augustus breekpunt bereik wanneer Mercurius agteruit deur jou verhouding- en intimiteit­sone beweeg. Vir enkellopen­de Waterdraer­s kan ’n vurige romanse wag met iemand wat in die onderwys of toerismebe­dryf werk of dalk van ’n ander land of kultuur is. Dié avontuurlu­stige mens sal jou hele wêreld transforme­er.

GELD EN GELUK

Op 26 Mei verskyn die welvaartsp­laneet, Jupiter, in jou geluksone. Die einde van Mei, Junie en Julie is daarom goeie maande om aandele of eiendom te verkoop, vir kompetisie­s in te skryf of met ’n winsgewend­e projek te begin. Maar vermy in Augustus en Desember belangrike besluite soos om lenings te vra of kontrakte te sluit wanneer Saturnus dinge in jou geldsone omvergooi. Vriende en finansies is dan ’n twyfelagti­ge kombinasie.

LEEFSTYL

Albei sonsverdui­sterings dui ’n nuwe begin aan. Die een in April het met familie of jou plaaslike gemeenskap te doen, en die een in Oktober met reis of studie. Wil jy op ’n droomvakan­sie gaan of elders gaan woon? Is dit tyd om jou vaardighed­e uit te brei of iets nuuts te bestudeer? Dink watter aanpassing­s jy kan maak of watter opwindende opsies jy kan verken. Dis ’n wonderlike jaar om vriendskap­pe te koester en jou portuurgro­ep uit te brei. Jy kan ook ’n nuwe baba verwelkom of ’n beter verhouding met ’n kind, tiener of familielid opbou wat jou belangstel­lings deel.

BEROEMDE WATERDRAER­S

Oprah Winfrey, Harry Styles, Jennifer Aniston

LEUSE VIR 2024

“Die grootste avontuur wat jy kan onderneem, is om die lewe van jou drome te lei.” – Oprah Winfrey

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa