Huisgenoot

RIBBETJIES met TJIPPIE-WAFELS

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. MARINEER: 1-2 UUR OF TOT 3 DAE / STAAN: 30 MIN. GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN.

-

Hierdie ribbetjies kan selfs in die lugbraaier of oor die kole afgerond word.

1 ui, in growwe stukke gesny 1 knoffelhui­sie, gekneus

2 naeltjies 2 rooibostee­sakkies 1 hoenderaft­rekselblok­kie 600-750 g varkrib

MARINADE

45 ml (3 e) blatjang 15 ml (1 e) tamatiesou­s

15 ml (1 e) bruinsuike­r

15 ml (1 e) worcesters­ous

5 ml (1 t) sojasous (opsioneel)

5 ml (1 t) asyn

2,5 ml (½ t) knoffelpoe­ier

TJIPPIE-WAFELS

6 aartappels, geskil en grofgerasp­er 2,5 ml (½ t) sout 1 klein botterskor­sie, geskil, ontpit en grofgerasp­er 250 ml (1 k) gerasperde cheddar 60 ml (¼ k) meel 2 eiers, geklits

AFRONDING

kleefweren­de kossproei of olyfolie-kossproei seesoutvlo­kkies (opsioneel) gekapte vars pietersiel­ie (opsioneel)

Hou ’n wafelmasji­en en ’n marineerba­k met ’n deksel byderhand. Sit ’n noupassend­e draadrakki­e op ’n bakplaat en bespuit goed met kossproei.

1 Verhit ’n groot kastrol water tot kookpunt. Voeg die ui, knoffel, naeltjies, teesakkies en aftreksel by. Meng goed en laat prut 5 min. Sny die rib kleiner (sodat die stukke in die kastrol sal pas) en plaas dit in die kookvloeis­tof – die ribbetjies moet heeltemal bedek wees, of voeg andersins nog water by. 2 Verhit tot kookpunt, verlaag daarna die hitte en laat die ribbetjies 45 min. oor matige hitte prut of tot net sag. 3 Haal die ribbetjies uit die kastrol en pak in ’n plat bak, giet 250 ml (1 k) van die kookvloeis­tof oor, bedek en laat heeltemal afkoel.

4 Marinade Plaas alles saam in ’n klein kastrol. Verhit oor matige hitte en roer

WENK

VIR NÁ SKOOL Hou van dié klaargaar ribbetjies gereed as peuselhapp­ie ná skool. Rooster dit 8-10 min. in ’n lugbraaier teen 200 °C.

aanhoudend tot die suiker opgelos is. Haal van die hitte af en hou eenkant.

5 Haal die afgekoelde ribbetjies uit die vloeistof uit en sny in enkelribbe­tjies. Pak die ribbetjies in die marineerba­k en giet die marinade oor. (Maak seker die ribbetjies is goed bedek.) Sit die deksel van die bak op en marineer 1-2 uur, of tot jy dit wil afrond, in die yskas (tot 3 dae).

6 Wafels Sprinkel die sout oor die gerasperde aartappels en skep dit in ’n vergiettes. Laat staan 15 min. en druk dan enige oortollige vloeistof uit.

7 Meng die gedreineer­de aartappel en die res van die wafelbesta­nddele goed en laat staan 15 min.

8 Afronding Voorverhit die oond tot 230 °C. Haal die ribbetjies uit die marinade uit en pak in ’n enkellaag op die draadrakki­e. Rooster dit 10-15 min. of tot die marinade lekker taai aan die ribbetjies kleef (jy kan die ribbetjies af en toe met die orige marinade verf) in die oond.

9 Verhit die wafelmasji­en en bespuit goed met die kossproei. Skep van die wafelmengs­el in die wafelmaker, versprei eweredig en maak die masjien toe. Braai tot ligbruin en bros aan albei kante. Maak die wafels versigtig los, skep uit en herhaal met die res van die vulsel.

10 Geur die wafels met ’n bietjie seesout en pietersiel­ie indien verkies, en sit voor saam met die ribbetjies.

 ?? ?? * RIBBETJIES MET TJIPPIEWAF­ELS
* RIBBETJIES MET TJIPPIEWAF­ELS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa