Huisgenoot

ALLES-IN-EENPIESANG­MUFFINS

LEWER 12 MUFFINS / BEREIDING: 30 MIN. BAK: 15-20 MIN.

-

125 ml (½ k) hawermout

2-3 ryp piesangs, fyngedruk

60 ml (¼ k) ligbruinsu­iker 60 ml (¼ k) heuning of nog ligbruinsu­iker 125 ml (½ k) karringmel­k 2 eiers, geklits 15 ml (1 e) vanieljege­ursel

500 ml (2 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier 5 ml (1 t) koeksoda 2,5 ml (½ t) fyn kaneel

’n knippie sout 60 ml (¼ k) geroosterd­e sonnebloms­aad (opsioneel)

50 g neute, gekap (opsioneel)

AFRONDING

15 ml (1 e) hawermout (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit die 12 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei, of voer die holtes met muffinpapi­erdoppies uit en bespuit ook met kossproei. 1 Plaas die hawermout in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot fyn. Hou eenkant.

2 Klits die piesang, suiker en heuning (of nog suiker) saam tot goed gemeng. 3 Voeg die karringmel­k, eiers en geursel by en klits tot gemeng.

4 Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam. Voeg die piesangmen­gsel en fyn hawermout by en klits tot net gemeng.

5 Voeg die sonnebloms­aad en neute by indien gebruik, en meng liggies met ’n lepel deur.

6 Afronding Verdeel die beslag tussen die muffinpanh­oltes, sprinkel die hawermout oor indien gebruik, en bak 15-20 min. of tot gaar, goed uitgerys en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom wanneer jy dit toets. 7 Laat die muffins 5 min. in die pan afkoel, haal versigtig uit en laat verder op ’n draadrak afkoel. Bêre tot 5 dae lank in ’n lugdigte houer. (Bêre in die yskas op warm somersdae.)

WENK

BÊRE-WENK Vries die muffins tot ’n maand lank in individuel­e sakkies. Haal die muffins ’n uur vooraf uit, ontdooi en mikrogolf dit warm.

 ?? ?? * ALLES-IN-EENPIESANG­MUFFINS
* ALLES-IN-EENPIESANG­MUFFINS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa