Huisgenoot

TUISGEMAAK­TE PEUSELBESK­UITJIES

LEWER ONGEVEER 80-90 BESKUITJIE­S (AFHANGEND VAN DIE GROOTTE) / BEREIDING: 45 MIN. VERKOEL: 30 MIN. / BAK: 10-12 MIN. PER BAKSEL

-

Die botterskor­sie en sonnebloms­aad word in dié peuselhapp­ies versteek vir ekstra voedingswa­arde.

250 ml (1 k) sonnebloms­aad

250 ml (1 k) koekmeel + ekstra soos nodig

30 ml (2 e) mielieblom

2,5 ml (½ t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout 100 g koue botter of margarien, in blokkies gesny

125 ml (½ k) gerasperde cheddar of gouda

250 ml (1 k) gaar botterskor­siepuree

15-30 ml (1-2 e) yswater indien nodig

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n paar groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei. Haal solank jou minikoekie­drukkers en seëlbare sakkies of lugdigte bakkies uit en hou dit byderhand.

1 Rooster die sonnebloms­aad oor matige hitte in ’n droë pan tot goudbruin en geurig. Roer gereeld om te verseker dat die sade eweredig braai. Skep uit en hou eenkant om heeltemal af te koel.

2 Sif die koekmeel, mielieblom, bakpoeier en sout saam in ’n diep mengbak.

3 Plaas die sonnebloms­aad in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot fyngemaal. Voeg dit by die meelmengse­l en meng goed.

4 Voeg die botter of margarien by en vryf met jou vingerpunt­e deur die mengsel. Voeg die gerasperde kaas by en werk liggies deur die mengsel.

5 Voeg die botterskor­siepuree by en meng goed tot ’n klewerige deeg vorm. As die deeg nog te droog is, voeg ’n klein bietjie yswater by.

6 Besprinkel jou werkopperv­lak liggies met meel. Keer die deeg daarop uit en druk die deeg saam tot ’n bal vorm. Verdeel die deeg in 2 gelyke dele en bedek met kleefplast­iek. Verkoel 30 min. in die yskas.

7 Besprinkel weer die werkopperv­lak met meel en rol een van die stukke deeg ongeveer 2 mm dik daarop uit. Druk vormpies uit die deeg en pak dit in ’n enkellaag op die bakplate.

8 Herhaal met die orige stuk deeg. Druk die oorblywend­e deegstukki­es saam, rol uit en druk nog vormpies uit.

9 Bak die beskuitjie­s 10-12 min. of tot bros en ligbruin om die kante. Laat heeltemal afkoel.

10 Verdeel die beskuitjie­s in porsies, pak in die sakkies of bakkies, en bêre tot ’n week lank in ’n koel, donker plek.

WENK

BÊRE-WENK Vries die helfte van die deeg tot ’n maand lank. Laat dit teen kamertempe­ratuur ontdooi en volg die resepstapp­e.

 ?? ?? * TUISGEMAAK­TE PEUSELBESK­UITJIES
* TUISGEMAAK­TE PEUSELBESK­UITJIES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa