Huisgenoot

FRANSE ROOSTERBRO­OD met HAWERMOUTK­RUMMEL

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 15-20 MIN.

-

Ons krummel hawermout oor die een kant van die roosterbro­od vir ekstra woema vir die skooldag.

½ ongesnyde brood 4 eiers, geklits 250 ml (1 k) melk ’n knippie sout 250 ml (1 k) hawermout

60 ml (¼ k) ligbruinsu­iker

5 ml (1 t) fyn kaneel ’n bietjie olyfolie vir braai

VIR VOORSIT

aarbeie, in skyfies gesny (opsioneel) heuning (opsioneel)

Gebruik ’n groot kleefvrye pan.

1 Sny die brood in lekker dik skywe. (Jy kan klaargesny­de brood ook gebruik indien verkies.) Sny elke skyf in die lengte in die helfte, of soos verkies. (Jy kan die broodskywe ook eers nadat dit gebraai is, sny.)

2 Klits die eiers, melk en sout goed saam en giet in ’n plat bakkie. Skep die hawermout in ’n ander plat bakkie.

3 Meng die suiker en kaneel en hou eenkant.

4 Dompel een van die broodstukk­e in die eiermengse­l, laat week 2-3 sekondes, draai om en haal versigtig uit. Pak die broodskyf bo-op die hawermout – die hawermout sal aan die een kant van die brood vaskleef – as dit sukkel om te kleef, druk ’n bietjie van die hawermout met jou vingers vas.

5 Herhaal met die res van die broodskywe – net die hoeveelhei­d wat in die pan sal pas.

6 Verhit ’n bietjie olie oor matige hitte in die pan. Pak die broodskywe, met die hawermoutk­rummels na onder, in ’n enkellaag in die pan. Braai ’n minuut of tot die hawermout goudbruin is.

7 Draai die broodskywe versigtig om, en braai tot goudbruin en deurgaar. Herhaal met die res van die brood.

8 Vir voorsit Sprinkel ’n bietjie van die kaneelsuik­er oor die warm roosterbro­od en rond af met aarbeiskyf­ies en heuning of soos verkies.

 ?? ?? * FRANSE ROOSTERBRO­OD MET HAWERMOUTK­RUMMEL
* FRANSE ROOSTERBRO­OD MET HAWERMOUTK­RUMMEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa