Huisgenoot

MAAK PLEK VIR MEER TYD EERDER AS MEER DINGE

-

‘MENSE IS BEDUIDEND GELUKKIGER WANNEER HULLE GELD UITGEE OP IETS WAT HULLE TYD SPAAR EERDER AS OP DINGE’

’n Paar jaar gelede het die navorser Ashley Whillans en haar kollegas ’n klomp mense bymekaarge­maak en vir elkeen $40 in die hand gestop. Vat dié geld en gaan koop vir jou die naweek iets wat jy nog altyd wou hê, het hulle vir die mense gesê, ’n enorme bak roomys, ’n mooi rok, ’n versiering vir jou huis, wat ook al.

Die volgende week het hulle dieselfde groep mense byeengeroe­p en hulle weer elkeen $40 in die hand gestop. Gaan gee die geld dié keer uit op iets wat jou tyd gaan spaar. Bestel wegneemete­s eerder as om self kos te maak. Koop ’n buskaartji­e sodat jy nie hoef te stap nie. Huur iemand om jou grasperk namens jou te sny.

Ná die twee eksperimen­te het hulle gemeet hoe gelukkig die mense is.

En wat het hulle gevind?

Mense is beduidend gelukkiger wanneer hulle geld uitgee op iets wat hulle tyd spaar eerder as op dinge.

Of selfs korter gestel: As jy in 2024 gelukkiger wil wees, gebruik jou geld om tyd eerder as dinge te koop.

Jy dink dalk jy is finansieel verantwoor­delik as jy alles self wil doen, jou eie lekkende pype regmaak, self jou kinders heeldag vermaak, jou eie hond was. En dalk is jou geldsake so droewig jy het geen ander keuse nie.

As jy dit hoegenaamd kan bekostig om iemand anders te betaal om jou werk vir jou te doen, sal jy drie dinge agterkom:

■ As jy ’n profession­ele mens huur om jou werk te doen (byvoorbeel­d ’n loodgieter of tuindienst­e), gaan hulle dit waarskynli­k beter doen.

■ Dinge gaan vinniger gedoen word en jy gaan meer tyd hê (wat jy kan gebruik om meer geld te verdien, as dit is wat jy wil doen).

■ En navorsing toon jy gaan nie meer voel asof jou lewe ’n konstante gejaag is nie, so jy gaan ’n raps gelukkiger en minder gespanne wees.

Dalk kan dit jou Nuwejaarsv­oorneme wees: Vanjaar koop ek tyd eerder as dinge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa