Huisgenoot

VERHOOGHOO­G JOU GOEDVOELHO­RMONE IN ’N KITS

-

Daar is maniere om jou goedvoelho­rmone te verhoog wat geen geld en byna geen tyd verg nie, byvoorbeel­d:

■ Sing meer gereeld. Navorsing (in 2004 in Duitsland en weer in 2008 in Australië) het bevind mense wat gereeld sing is gelukkiger as die res. Hoekom? Wanneer jy sing reguleer jy jou asemhaling, dit het ’n impak op die koolstof-suurstofve­rhouding in jou bloed en dis ’n natuurlike opkikker vir jou gemoed. Die beste ding? Dit verg geen tyd nie – jy kan dit agter die stuurwiel doen, in die stort, voor die stoof.

■ Gee meer drukkies. Hoe lank neem een? Vyf sekondes? Tog toon navorsing as jy iemand druk vir wie jy lief is, verhoog dit die goedvoelho­rmoon oksitosien in jou bloedstroo­m, en maak dit jou gelukkiger. Dit werk ook as jy jou hond ’n drukkie gee. Maak net seker die persoon (of hond) wat jy druk, wil inderdaad gedruk word. Moenie ’n vatterige ou pes raak nie.

■ Dit is nou nie regtig wetenskapl­ik bewys nie, maar jy kry wêreldwyd mense wat sê om kaalvoet te loop maak jou gelukkiger. (Google die internasio­nale Society for Barefoot Living.) Hul logika: Ons voorsate het almal in die natuur kaalvoet rondgeloop; ons is gebou om heeltyd die aarde met ons voetsole te verken, om teksture te voel, om gestimulee­r te word. Voetsole wat heeldag in ’n skoen toe is, is soos oë agter kleppe of ore met pluisies in. Ongestimul­eer en gefrustree­rd. As jy saans tuis is, verg dit geen tyd om net kaalvoet rond te loop nie, jy skop net jou skoene uit en voilà, jou voetsole leer ’n nuwe wêreld ken. Hoe lank vat dit tog om jou skoene uit te trek? (A, hoor ek jou vra, maar sal dit nie stink as ek so kaalvoet rondloop nie? Inteendeel. Swamme groei op voete wat heeldag in donker, bedompige skoene toegekerke­r is. Loop meer gereeld kaalvoet, gee jou voete suurstof, en dalk is 2024 die einde van daardie klankie wat jou oral volg.)

● Johannes de Villiers is die aanbieder van Die Blydskapna­vorser op RSG, en skrywer van die boeke Meer as jou seerkry en Blydskap: Mindfulnes­s-wenke ness-wenke vir ’n n vreu vreugdevol­le lewe.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa