Huisgenoot

huisgenotj­ies

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Stuur dit na Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

UITTOG

Vir die meeste kantoorwer­kers begin die spitsverke­er vyf dae per week so 05:00 soggens tot 10:00. Smiddae begin dit weer so 15:00 en is 19:00 verby.

Staatsampt­enare is egter die uitsonderi­ng ... Hul Vrydagmidd­ag spitsverke­er begin al Donderdago­ggend. LOUISE NOETH

WARE LIEFDE

Die ou oompie vra sy vrou: “Het jy al vandag jou tande geborsel?

Die tante antwoord: “Ja, en aangesien ek reeds besig was, het ek sommer joune ook geborsel.” SAN MARCHAND

GROOT VIS

Jasper hardloop in die viswinkel in. “Maak asseblief gou!” sê hy vir die man agter die toonbank. “Ek moet die bus vang en het aas nodig!”

Die winkelassi­stent krap sy kop en sê: “Gits, Meneer, ek glo nie ons het enige aas wat ’n bus kan vang nie!” SAN MARCHAND

WARM VRYER

Dis ’n gekoer op die strand.

Sy: “Liefie, wanneer jy jou arms so om my nek sit, stuur dit sulke koue rillings teen my ruggraat af,” fluister sy.

Hy: “O gonna . . . Dis nie koue rillings nie, my skat; my roomys is besig om te smelt!”

JOHAN H, GONUBIE

DIAGNOSE

Hettie se kar maak vreemde geluide, maar sy is keelvol vir die manne by die motorherst­elplek wat optree asof vroue dom is. Sy vra toe eers ’n vriend se mening oor wat als fout is en neem dit daarna in.

Daar gekom, rits sy die probleme af: “Die tydinstell­ing is uit. En daar’s ’n probleem met vroeë ontbrandin­g, en ek is bang dit beskadig die kleppe.”

Ewe tevrede loer sy oor die werktuigku­ndige se skouer om te sien wat hy neerskryf en lees: “Die klant sê die kar maak snaakse geluide.”

LOUISE NOETH

VLUGTIG

Onderwyser: “Koos, maak vir my ’n sin met ‘ongeveer’.”

Koos: “Die voël kry seker koud, want hy is ongeveer.” SAN MARCHAND

AANWAS

Die nuwe intrekkers langs ons het vreeslik baie kinders. Nou die dag gooi ’n poetsbakke­r ’n klip op hul dak en toe lyk dit kompleet asof die laerskool uitkom!

EMMIE, MOSSELBAAI

DOL DEFINISIES

Vleisbraai: ’n Partytjie waar die kos ’n bietjie rou en die gaste ’n bietjie gaar is.

Babawaentj­ie: Verlede jaar se pret op wiele.

Dieet: ’n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.

Gesinsvaka­nsie: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.

Gewete: Iets wat pla as alles baie lekker gaan.

Middeljare: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.

Predikant: Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaan­baar. LOUISE NOETH

POKERGESIG

Koos stap in die kroeg in en sien tot sy verbasing hoe ’n hond saam met ’n groepie by ’n tafel sit en poker speel. “Speel hy goed?” wil hy van die kroegman weet.

“Nee, nie regtig nie,” antwoord die kroegman. “Elke keer as hy ’n goeie hand het, waai hy sy stert!” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa