Huisgenoot

LIEWE 7DE LAAN,

-

Toe ek hoor jul laaste episode word op 26 Desember uitgesaai, het ek teruggedin­k aan ’n bejaarde vriendin wie se jong familie oorsee gaan bly het en wat sy toe nooit weer gesien het nie.

So voel ek oor julle, want julle is my sepie-familie.

Daar was tye dat ek vies geraak het vir julle. Maar meestal het ek van julle geleer en julle het my laat lag.

Julle was die langste sepie (’n hele 23 jaar!) op Suid-Afrikaanse televisie, en jul wenresep was menslikhei­d, opregtheid en die tientalle dinge wat elke dag regtig gebeur. ’n Mens het gevoel jy staan nie alleen nie, iewers is daar iemand wat dieselfde as jy deurmaak.

’n Mens kon identifise­er met die karakters, en baie kere het hulle jou gevoelens verwoord. Daar is ’n hele paar karakters wat my baie na aan die hart lê: Vanessa, klein Karmen, Hettie en Tjattas, selfs Mariaan en Bonita. Maar die meeste van almal Aggie. Sy is pragtig, deftig en opreg. Ek het elke aand gekyk watter klere Aggie dra. Sy het my weer laat besef almal van ons is mooi.

Nou ja, wat kan ek sê! My Laan-vriende vertrek. Die mooie Aggie, wat soveel bereik het in haar lewe in Hillside, gaan nou elders op ’n ander TV- of rolprentst­el werk. Soos almal van hulle. Hulle is talentvol en sal vinnig geholpe raak, maar dit sal nie dieselde wees nie, want dit sal nie 7de Laan wees nie.

Ek is jammer om julle te sien gaan. Ek wens só julle kon nog vertoef. Suidooster is my stukkie Kaap in my sitkamer en julle weer my Johannesbu­rg-vriende.

Mooi bly en mag julle net van krag tot krag gaan waar julle ook al in die toekoms mag wees.

LONA, WES-KAAP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa